# Die DA sê die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, se regsdreigemente teen munisipaliteite wat skole se water en elektrisiteit ontkoppel, sal nie die provinsie se langdurige nutsdienste-krisis oplos nie. Die party skryf dit toe aan swak samewerking, onakkurate munisipale fakturering, onbetaalde eiendomsbelasting en onvoldoende befondsing. Die DA-lid, Sergio Isa Dos Santos, sê dringende […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente word volgens berigte belas deur ongeveer 823-duisend voormalige studente met 49,5-miljard-rand se studielenings wat nog nie terugbetaal is nie. Die syfers het hernude kommer veroorsaak oor die skema se leningsherwinning en finansiële bestuur. NSFAS het voorheen begunstigdes wat voor 2018 lenings ontvang het, gevra om hul skuld terug […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het vier konsepwetsontwerpe aangekondig om bestaande wette te versterk. Dit sluit strenger strawwe vir onwettige mynbou in en maak voorsiening vir misdrywe wat verband hou met sameswering en die aanhitsing tot ernstige misdade, asook strenger maatreëls vir trusts. Die Hof vir Klein Eise se bedrag […]
# Navorsers in Queensland het vyf Australiese eksters met GPS-opspoorders toegerus om hul bewegings dop te hou en te probeer uitvind hoe ouderdom, geslag en rangorde hul gedrag beïnvloed. Die voëls het mekaar egter binne enkele minute met hul snawels gehelp om dit los te maak en al die toestelle te verwyder. Die navorsers beskou […]
# FMD Response SA sê Suid-Afrika moet wye, gelyktydige immuniteit onder beeste bereik om die oordragsiklus van bek-en-klouseer te verbreek en weer toegang tot voorkeur-uitvoermarkte te verkry. Woordvoerder Andrew Morphew sê minstens 80-persent van beeste moet binne ses tot agt weke immuun wees, eerder as deur ‘n geleidelike inentingsprogram. Hy sê hoewel die privaat sektor […]
# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, regter Mbuyiseli Madlanga, het die National Coloured Congress se parlementslid, Fadiel Adams, tereggewys oor die laat indiening van sy verklaring. Adams skryf dit toe aan probleme met sy skootrekenaar en sê hy het sy bes probeer om die sperdatum te haal. Madlanga verwerp dit as ongeloofwaardig. Hy het Adams […]