# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein, Ben Stokes, sal van Desember vir Adelaide Strikers speel in Australië se Big Bash-liga. Hy het in Junie uit die internasionale spel getree. Stokes sal volgens berigte teen 5,76-miljoen-rand een van die duurste spelers in die T20-liga word. Adelaide word afgerig deur die voormalige Australiese kaptein Tim Paine, wat […]
# Krieket: Die jong Proteas-snelbouler Kwena Maphaka glo hy sal Kagiso Rabada se rol in hierdie maand se tuis-eendagreeks teen Australië kan vul. Rabada is weens ‘n besering uitgesluit en sal nie terugkeer voor volgende maand se toetsreeks teen die Aussies nie. Die twintigjarige Maphaka sê hy is vol vertroue in sy vermoëns nadat hy […]
# Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar, Shoprite, het ‘n toename van 12,2-persent in jaarlikse wesensverdienste gerapporteer, gedryf deur bestendige verkoopsgroei en uitbreiding in sy kern kruideniersware-onderneming. Handelswareverkope uit voortgesette bedrywighede het met 7,2-persent gestyg tot 270,8-miljard-rand in die 52 weke tot 28 Junie, vanaf 252,7-miljard-rand op ‘n jaar grondslag. Shoprite sê sy fokus is op bekostigbare […]
#Die VF Plus sê Ekurhuleni se jongste burgemeestersverslag toon ernstige finansiële en diensleweringsdruk. Denise Janse van Rensburg van die party sê dit toon van die 231 beloftes wat in die vierde kwartaal van 2025/26 gemaak is, is slegs 58, of nagenoeg 25-persent, voltooi, 35 is aan die gang en 138 is steeds uitstaande. Die verslag […]
# Die Zambiese president Hakainde Hichilema is vir ‘n tweede vyfjaartermyn ingesweer tydens ‘n seremonie wat deur duisende by die Heldestadion in Lusaka bygewoon is. Hichilema is dieleier van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling en het 60,49-persent van die stemme verower in die presidensiële verkiesing op 13 Augustus teen die hoofopposisieleier Brian Mundubile. Hy […]
# Stad Tshwane gaan voort met planne om sy eie Hooggeregshof-skikkingsooreenkoms met Kleinfontein te betwis, al het die Afrikaner-only township sy finansiële en administratiewe verpligtinge ingevolge die ooreenkoms nagekom. Kleinfontein Aandeleblok, die onderneming wat die skikking bestuur, het gister sy uitstaande agterstallige skuld betaal en ‘n omvattende aansoek ingedien om die grond te ontwikkel, wat […]
# Die pas-aangestelde Bafana Bafana-afrigter, Pitso Mosimane, het die verantwoordelikheid aanvaar om Suid-Afrika se nasionale span met trots, vasberadenheid en nederigheid te lei. Mosimane sê sy terugkeer 14 jaar na sy eerste termyn as afrigter is ‘n spesiale oomblik in sy loopbaan. Mosimane erken die afrigting van Bafana is ‘n grootse taak, gegewe die belangrikheid […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê ‘n hersiene konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie sal teen die einde van die boekjaar gefinaliseer word en later vir openbare kommentaar vrygestel word. Die beleid probeer om digitale innovering te bevorder terwyl etiese kwessies en KI-verwante risiko’s aangespreek word. Die eerste konsep is teruggetrek nadat […]
# Die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes het hierdie seisoen 137 Nguni-kalwers verwelkom, met ‘n verdere agt wat nog verwag word. Die kudde bestaan nou uit meer as 450 diere. Die nuwe aanwinste sluit suiwer Nguni’s en Nguni/Angus-kruisings in. Die kruisings toon indrukwekkende groei danksy hul Angus-afkoms. Vergelegen het Angus-beeste in 2024 by sy teelprogram ingesluit om […]