Skip to content

Hichilema ingesweer vir ‘n tweede termyn as president van Zambië

# Die Zambiese president Hakainde Hichilema is vir ‘n tweede vyfjaartermyn ingesweer tydens ‘n seremonie wat deur duisende by die Heldestadion in Lusaka bygewoon is. Hichilema is dieleier van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling en het 60,49-persent van die stemme verower in die presidensiële verkiesing op 13 Augustus teen die hoofopposisieleier Brian Mundubile. Hy is saam met visepresident Mutale Nalumango ingesweer. Streeksleiers, insluitend Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah, William Ruto van Kenia en die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa, het die inhuldiging bygewoon.