#Die VF Plus sê Ekurhuleni se jongste burgemeestersverslag toon ernstige finansiële en diensleweringsdruk. Denise Janse van Rensburg van die party sê dit toon van die 231 beloftes wat in die vierde kwartaal van 2025/26 gemaak is, is slegs 58, of nagenoeg 25-persent, voltooi, 35 is aan die gang en 138 is steeds uitstaande. Die verslag verwys na begrotingsbeperkings, personeeltekorte, verouderende infrastruktuur en verkrygingsvertragings. Sy vra strenger monitering en verantwoordbaarheid:
VF Plus sê begrotings- en personeelkrissise belemmer dineslewering in Ekurhuleni [KLANK]
AFR VanRensburgOnReport