# Die ikoniese Cathedral Basilica of Our Lady of Rosary in Manizales, Colombië, het gedeeltelik ingetuimel tydens gister se dodelike aardbewing van 7.4. Die kragtige skudding, met die middelpunt in die Chocó-distrik, het ‘n spits van die byna eeu-oue neo-Gotiese katedraal laat omval. ‘n Groot sy-toring het ook gekraak en teen die sentrale hoofstruktuur oorgehel. […]
# Alle bergpasse in die Oos-Kaap wat gister weens swaar sneeuval gesluit was, is vanoggend heropen. Woordvoerder Unathi Binqose sê paaie bly nat en glad, en het motoriste aangespoor om versigtig te wees. Daar is digte mis en motreën op die Penhoekpas op die N6 tussen Komani en James Calata, wat sigbaarheid verminder. Binqose sê […]
# Veertien onwettige mynwerkers is dood aangetref in ‘n verlate skag naby die Nkaneng-informele nedersetting in Marikana, Noordwes. Hul liggame is vanoggend ontdek, terwyl verskeie ander mynwerkers beseer is. Polisiewoordvoerder Athlene Mathe sê die omstandighede rondom die sterftes is tans onduidelik. Die provinsiale polisiekommissaris, Patrick Asaneng, sê ondersoeke duur voort met noodspanne wat die situasie […]
# Die Madlanga-kommissie het die getuienis van die leier van die National Coloured Congress en parlementslid, Fadiel Adams, tot volgende Woensdag uitgestel. Getuienisleier Michael Chaskalson sê Adams se verklaring is eers gisteraand ontvang, ondanks herhaalde versoeke sedert Oktober verlede jaar. Hy beklemtoon die kommissie benodig voldoende tyd om die verklaring te bestudeer en die ondervraging […]
# Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, is bekommerd oor die toename in geweldsmisdaad. Suid-Afrika het in die 2024/25-boekjaar 24-duisend-692 moorde, meer as 40-duisend verkragtingsake en 190-duisend gewone aanrandings aangeteken. Cachalia het op ‘n vraag in die Parlement onthul dat tien-duisend-129 moorde vir vervolging verwys is, met drie-duisend-628 wat tot skuldigbevindings gelei het. ‘n […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, versoek leerders, ouers en skoolgemeenskappe om voorsorgmaatreëls te tref te midde van koue en nat weer. Woordvoerder Onwabile Lubhelwana moedig leerders aan om warm aan te trek en steeds skool toe te gaan indien hulle gesond is en dit veilig is om te reis. Hy waarsku leerders […]
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid prys wetstoepassingsagentskappe wat betrokke was in die ondersoek na die naweek se skietvoorval in Reigerpark. ‘n Persoon van belang is gister vir ondervraging ingeneem in verband met die moord op twee lede van die Teen-bende-eenheid en twee burgerlikes. Die komitee se voorsitter, Bandile Masuku, sê dis veral […]