Skip to content

Gautengse Departement van Gesondheid ondersoek beweerde afpersing by Germiston Forensiese Patologiediens [KLANK]

# Die Gautengse Departement van Gesondheid ondersoek bewerings van afpersing by die Germiston Forensiese Patologiediens. Die ondersoek volg op ‘n plasing op sosiale media wat beweer sommige amptenare eis geld om nadoodse ondersoeke te bespoedig. Die Departement beklemtoon alle forensiese patologiedienste, insluitend DNS-analise, nadoodse ondersoeke en liggaamsbewaring, is gratis. Die woordvoerder van die Departement, Steve Mabona, het ‘n beroep gedoen op lede van die publiek wat afpersing ervaar het om die voorvalle aan te meld:

ENG-MabonaOnExtortion