# Rugby: Die ster-skrumskakel Cam Roigard is weens ‘n ligte besering onttrek aan die All Blacks se span vir vanaand se wedstryd teen die Haaie in Durban. Hy is op die bank gekies vir die ontmoeting op Kingspark, maar hoofafrigter Dave Rennie het besluit om nie kanse te vat met sy sleutelspeler voor die toetsreeks […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het teruggekap na Iran oor sy eis vir vergoeding en gesê Teheran moet eerder vergoeding betaal vir sterftes en skade. Iran het ‘n reeks nuwe eise uitgereik wat Washington moet nakom voor hy skepe toelaat om vrylik deur die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes te beweeg. Trump sê hy het […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moedig aspirant-ekonome, wat hul voorgraadse studies in die 2027 akademiese jaar begin, aan om vir sy eksterne beursprogramme aansoek te doen. Verskeie eksterne studiebeurse word jaarliks beskikbaar gestel vir voorgraadse studente wat kwalifiseer as deel van die sentrale bank se pogings om ernstige vaardigheidstekorte in die land aan te spreek. Die […]
# Rusland se hoogste hof het die liberale Yabloko-party verbied om aan volgende maand se parlementsverkiesing deel te neem. Dis die enigste geregistreerde party wat gekant is teen Moskou se oorlog in Oekraïne. Die saak is aanhangig gemaak deur die klein pro-Kremlin nasionalistiese party, Rodina, wat beweer Yabloko het onverklaarde veldtog-ondersteuning van onder meer Westerse […]
# Die regering waarsku die publiek om waaksaam te bly en uiters versigtig te wees terwyl gure winterweer wydverspreid voorkom, insluitend swaar sneeu-neerslae, ysige toestande, reën en sterk wind. Talle paaie is reeds gesluit en ontwrigting weens sneeu en reën is in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal aangemeld. Die regering se woordvoerder, William Baloyi, sê die […]
# Die Departement van Gesondheid beskuldig die organisasie, Pharmaceuticals Made in South Africa, dat hy die Parlement mislei het oor onlangse redes vir werksverliese in die sektor. Pharmisa het verlede week aan die Parlement gesê die departement se fokus op prys maak dit vir plaaslike medisyne-vervaardigers moeilik om tenders te kry, wat die afgelope 18 […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, is bekommerd oor die groeiende bedreiging deur georganiseerde misdaad en sê bendes, dwelmoorloë en onwettige vuurwapens is die rede vir die toenemende aantal moorde in die provinsie. Dit volg na die moord die afgelope naweek op vier mense, waaronder twee lede van die Teen-bende-eenheid, in Reigerpark, Ekurhuleni. ‘n […]