# Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê hy het nie ‘n bepaalde vriendskap met die omstrede sakeman Panganathan “Timmy” Marimuthu nie. Lebeya het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het die eerste keer in Desember 2010 van Marimuthu bewus geword tydens ‘n ondersoek na aanstellings binne Misdaadintelligensie. Hy sê die aanstellings is ‘n […]
# Krieket: ‘n Splinternuwe Pakistanse groep gaan van volgende Woensdag teen Engeland speel in die laaste toets op Edgbaston. Hoofafrigter Sarfaraz Ahmed en boul-afrigter Umar Gul is afgedank en sewe spelers huis toe gestuur na die besoekers se swak vertoning in die eerste twee wedstryde. Pakistan het op Headingly die spit afgebyt met ‘n beurt […]
# Die nywerheidsreus Bidvest versnel ‘n kapitaaluitgaweplan van 2,5-miljard-rand met ‘n tweede terminaal vir vloeibare petroleumgas in Richardsbaai, KwaZulu-Natal. Uitvoerende groepshoof Mpumi Madisa sê die reusebelegging in sy vragafdeling weerspieël die onderneming se vertroue in die land se ekonomiese vooruitsigte. Suid-Afrika het ‘n beduidende voorsieningstekort aan vloeibare petroleumgas. Plaaslike energie-ontleders sê die uitbreiding kan help […]
# Tennis: Die Switserse veteraan Stan Wawrinka se laaste Grand Slam-toernooi het in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope, tot ‘n einde gekom toe hy teen die Italianer Matteo Berrettini verloor het. Die 41-jarige Wawrinka tree die einde van die seisoen uit na hy in 2002 op 17 ‘n beroepspeler geword het. Hy het […]
# Johannesburg het sy tradisionele heropening van munisipale swembaddens op 1 September misgeloop. Die stad het aangekondig al 36 swembaddens sal vanaf 1 Oktober in fases heropen. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsontwikkeling, Thapelo Amad, het verskoning gevra en sê die swembaddens moet aan gesondheids-, veiligheids- en bedryfstandaarde voldoen. Hy sê swembaddens heropen stelselmatig aangesien toestande in […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het Ilitha Labantu geprys vir sy bydrae in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Die Kaapstadse nie-winsgewende organisasie fokus op die bekamping van geweld teen vroue en kinders en bied slagoffers ondersteuning. Die departement se woordvoerder, Sandy Godlwana, sê alle beskikbare hulpbronne moet aangewend word om geweld […]
# Die vakbond GIWUSA is erg bekommerd oor môre se brandstofprysverhogings. Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het aangekondig die petrolprys styg om middernag met een rand-34 sent per liter. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê selfs erger is die gedifferensieerde groothandelprysverhogings van twee rand-94 sent en drie rand-15 sent per liter vir diesel, afhangend […]