# City Power sê hy hanteer tans meer as twee-duisend kragonderbrekings in Johannesburg terwyl koue, nat weer druk op die kragnetwerk plaas. Lenasia het die grootste agterstand, gevolg deur Hursthill en Randburg. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê die koue weer laat huishoudings en sakeondernemings meer elektrisiteit gebruik, wat transformators, mini-substasies en kabels oorlaai […]
# Die vakbond GIWUSA eis die onmiddellike nasionalisering van die farmaseutiese bedryf. Pharmaceuticals Made in South Africa het verlede week beweer plaaslike medisynevervaardigers verloor belangrike tenders weens die Gesondheidsdepartement se fokus op prys, wat die afgelope 18-maande twee-duisend-500 werksgeleenthede gekos het. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê die regering moet regstreekse eienaarskap en beheer van […]
# Die GOOD-party sê meer onwettige wapens land elke dag in gemeenskappe en lei tot sterftes, pyn en vernietiging. Dit volg nadat elf mense die afgelope naweek in afsonderlike voorvalle in Kaapstad doodgeskiet is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê moord, bendegeweld en geweldsmisdaad kom voor in onderontwikkelde, oorbevolkte, armoedige gemeenskappe. Hy sê die moorde […]
# Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê Amerika se jongste sanksies maak ʼn diplomatieke oplossing vir die oorlog onwaarskynlik. Die Amerikaanse Tesourie se kantoor vir beheer oor buitelandse bates het verlede week sanksies ingestel teen twee digitale bate-uitruilings en die leier van ʼn netwerk van frontmaatskappye. Dit word volgens berigte deur die Iranse regime […]
# Die vakverbond Cosatu sê hy is geskok dat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 1,4-miljoen-rand aan ʼn eksterne diensverskaffer betaal het om persverklarings te skryf en te redigeer. Die departement het Six Fingaz Media sedert Oktober verlede jaar sowat 82-duisend-rand per maand betaal. Tussen 2025 en Mei vanjaar het die departement boonop 670-duisend-rand betaal om […]
# Die Stad Tshwane se nooddienste waarsku inwoners om voorsorgmaatreëls te tref terwyl koue weerstoestande hierdie week in Gauteng verwag word. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is sneeu moontlik in Johannesburg en ander dele van Gauteng terwyl die kouefront versterk. ʼn Woordvoerder van Tshwane-nooddienste, Nana Radebe-Kgiba, sê die koue en droë winter saam met winderige toestande […]