# Die Departement van Basiese Onderwys berei riglyne voor om grense te stel vir boodskappe tussen onderwysers en leerders op WhatsApp en sosiale media om onvanpaste verhoudings te voorkom. Die adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, Riaan van der Bergh, sê die probleem is gedrag en nie tegnologie nie. Hy sê net reëls […]
# Iran se president, Masoud Pezeshkian, sê sy land sal onmiddellik sy deel doen as Amerika sy beloftes nakom ingevolge die tussentydse ooreenkoms wat in Junie onderteken is. Hy het gepraat tydens die beraad van die Sjanghaise Samewerkingsorganisasie in Bisjkek nadat albei lande die eerste regstreekse aanvalle op mekaar uitgevoer het sedert laat in Julie. […]
# Die Regspraktykraad sê ‘n lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van die geskorste advokaat Malesela Teffo. Dit volg nadat hy onverwags in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn het tydens die verhoor van die vermeende misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala en vier medebeskuldigdes vir onder meer poging tot moord. Die raad sê Teffo se naam is […]
# Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê hy het nie ‘n bepaalde vriendskap met die omstrede sakeman Panganathan “Timmy” Marimuthu nie. Lebeya het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het die eerste keer in Desember 2010 van Marimuthu bewus geword tydens ‘n ondersoek na aanstellings binne Misdaadintelligensie. Hy sê die aanstellings is ‘n […]
# Krieket: ‘n Splinternuwe Pakistanse groep gaan van volgende Woensdag teen Engeland speel in die laaste toets op Edgbaston. Hoofafrigter Sarfaraz Ahmed en boul-afrigter Umar Gul is afgedank en sewe spelers huis toe gestuur na die besoekers se swak vertoning in die eerste twee wedstryde. Pakistan het op Headingly die spit afgebyt met ‘n beurt […]
# Die nywerheidsreus Bidvest versnel ‘n kapitaaluitgaweplan van 2,5-miljard-rand met ‘n tweede terminaal vir vloeibare petroleumgas in Richardsbaai, KwaZulu-Natal. Uitvoerende groepshoof Mpumi Madisa sê die reusebelegging in sy vragafdeling weerspieël die onderneming se vertroue in die land se ekonomiese vooruitsigte. Suid-Afrika het ‘n beduidende voorsieningstekort aan vloeibare petroleumgas. Plaaslike energie-ontleders sê die uitbreiding kan help […]