# Die president van Colombia, Abelardo de la Espriella, het ‘n nasionale ramp afgekondig nadat 132 mense dood en meer as 480 beseer is in ‘n aardbewing van 7,4. Die middelpunt was naby die dorpie San José del Palmar, in die Chocó-provinsie. Noodspanne jaag om oorlewendes uit die puin te red maar die dodetal sal […]
# Die UDM in die Wes-Kaap sê hy het herhaaldelik gewaarsku oor die toename van onwettige vuurwapens en die misdaadnetwerke wat wapengeweld ondersteun. Dit volg nadat drie massaskietvoorvalle in Kaapstad die naweek elf lewens geëis het. Bulelwa Zondeka van die UDM sê die vermoede dat dwelms en afpersing verbind word met die jongste geweld toon […]
# Die Presidensie het bevestig dat president Cyril Ramaphosa die familie van wyle kaptein Daniel Perez, wat in Suid-Afrika gebore is, ontmoet het nadat die regering ingegryp en die militante groep Hamas sy oorskot oorhandig het. Perez is op 7 Oktober 2023 tydens die aanvalle op Israel gyselaar geneem en vermoor. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent […]
# Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Iga Swiatek, is deur na die halfeindronde van die Kanadese Ope in Toronto. Die Pool het Diana Shnaider van Rusland binne 68 minute verslaan en speel volgende teen Elina Svitolina van Oekraïne. Svitolina het die Rus Ekaterina Alexandrova uitgeskakel en is deur na haar vierde WTA-een-duisend-halfeindstryd vanjaar. Intussen is twee […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, moedig inwoners en gemeenskappe aan om uiters versigtig te wees en veiligheid eerste te stel tydens gure weerstoestande wat tans in dele van die land voorkom. Dit word veroorsaak deur ʼn afsny-laagdrukstelsel en ʼn hoogdrukstelsel. Sneeu het voorgekom in bergagtige gebiede in die Oos-Kaap, […]
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, eis sterker aanspreeklikheid vir die bestuur van openbare fondse en onderwyshulpbronne. Die LUR het gister tydens ‘n nuuskonferensie verwys na die bevindinge van ‘n provinsiale uitreikprogram onder die titel “Dit neem ‘n dorp om ‘n kind groot te maak”. Hy het bevestig […]