# Iran sê die ooreenkoms met Oman om die Straat van Hormoes te beheer is nie genoeg om die belangrike seestraat te heropen nie, en Amerika moet eers ʼn lys voorwaardes nakom. Dit sluit in ʼn einde aan die Amerikaanse vloot se blokkade van Iranse hawens, die onttrekking van militêre magte uit die omgewing van […]
# ANC Gauteng se woordvoerder en lid van die provinsiale wetgewer, die 54-jarige Mzikayifane Elias Khumalo, bekend as Mzi, is dood nadat hy gister in die vroeë oggendure na die hospitaal gehaas is. Khumalo het verskeie ampte in sy politieke loopbaan beklee, onder meer dié van LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake voor die […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die ervare veelsydige voorspeler, Deon Fourie, by die nasionale groep ingesluit vir die komende Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Die 39-jarige Fourie wat sy plek as losvoorspeler en haker kan vol staan, het laas vir die Bokke uitgedraf in die 2023 Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland in Parys. Hy […]
# Minstens 111 mense is dood nadat ‘n aardbewing van 7,4 die weste van Colombia gister getref het. Die aardbewingsentrum was in San José del Palmar in die Chocó-streek. Verskeie geboue het ineengestort of is beskadig, insluitend die Manizales-katedraal. Colombia se president, Abelardo De La Espriella, het ‘n Verenigde Bevelpos gestig om die reaksie op […]
# Rugby: SA Rugby het hulde gebring aan voormalige Springbok-haker Piston van Wyk, wat oor die naweek op 82-jarige ouderdom oorlede is. Hy het vir Noord-Transvaal en Natal gespeel, nou die Bulle en Haaie, en het tussen 1970 en 1976 in 15 toetswedstryde vir die Bokke gespeel. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê ‘n persoon van belang word ondervra in verband met die moorde op vier mense in Reigerpark, Ekurhuleni. Twee beamptes van die Teen-bende-eenheid en twee burgerlikes is oor die naweek in Reigerpark doodgeskiet. ‘n Multidissiplinêre span van Gauteng, gelei deur die Valke, het twee R-5-gewere teruggevind wat […]
# Die GOOD-party sê die Nasionale Tesourie se besluit om teen ‘n hofuitspraak te appelleer wat die regering gelas om die toegang tot die Maatskaplike Noodlenigingstoelaag te verhoog en uit te brei, is skandelik. Die Tesourie skat die toepassing van die uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria om toegang tot die toelae te verbreed, kan […]
# Die Forum for South Africa is bekommerd oor bewerings dat vertroulike Misdaadintelligensie-inligting met Parlementslede gedeel is. Staatsadvokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het by die Madlanga-kommissie beweer Dereleen James van ActionSA het uiters geheime Misdaadintelligensie-dokumente ontvang wat onder die deur van haar parlementêre kantoor ingeskuif is. Sy het dit ontken. Die forum […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê die toenemende vlakke van gewelddadige en georganiseerde misdaad dui op ‘n dieper krisis in die land se veiligheidsargitektuur, veral die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Oor die naweek is elf mense in drie afsonderlike voorvalle in die Wes-Kaap doodgeskiet, terwyl vier mense, insluitend twee beamptes van die polisie se Teen-bende-eenheid, in Reigerpark, […]