# Die Amerikaanse musieklegende Lionel Richie het homself volgens berigte in ‘n hospitaal laat opneem as voorsorgmaatreël ná die naweek se optrede in St Louis. Die 77-jarige Grammy-wenner was tydens die konsert duiselig en ontwater. Dit volg meer as twee maande nadat Richie ook op die verhoog duiselig was tydens die openingsaand van sy toer […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Tshwane-metroraad se gemeenskaps-opheffingsveldtog het groot moontlikhede, maar die huidige administrasie moet meer riglyne verskaf. Die opheffingsmodel se doel is om gemeenskappe deur groepe, individue en sakeondernemings in staat te stel om munisipale eiendom soos straatligte, padtekens en parke in stand te hou en veiligheidsmaatreëls soos kringtelevisiestelsels in te stel. […]
# Die DA in Tshwane sê die verwydering van die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Frans Boshielo, slegs twee maande voor ʼn verkiesing, is duidelik die gevolg van interne party-politiekery en nie oor aanspreeklikheid vir mislukking nie. Hy word vervang deur Molatelo Samuel. DA-woordvoerder Themba Fosi beweer Boshielo is verwyder omdat hy nie met die koalisie van […]
# Business Leadership South Africa sê die land moet ʼn handelstrategie volg wat gebou is op die ontleding van waar dit kan meeding en nie op vooruitsigte van spitsberade nie. Die regering het onlangs sy strategiese vennootskap met Brasilië herbevestig met die hoop om ekonomiese bande te versterk. Suid-Afrika het in 2025 goedere ter waarde […]
# Die Oos-Kaapse polisie het gister ʼn 52-jarige verdagte gearresteer en op 11 vuurwapens beslag gelê, kort nadat dit by ʼn privaat veiligheidsmaatskappy in Newton Park, Gqeberha, gesteel is. Nege haelgewere, twee R-15-aanvalsgewere, drie koeëlvaste baadjies en ʼn bakkie wat aan die veiligheidsmaatskappy behoort, is teruggevind. Die polisiewoordvoerder, Sandra Janse van Rensburg, sê die verdagte […]
# Die Stad Kaapstad het sy eerste koopooreenkoms van agt-miljard-rand met twee onafhanklike sonkrag-verskaffers, Jempec Energy en Make a Difference, gesluit. Dit bied 70 megawatt elektrisiteit teen ʼn laer tarief as Eskom. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die 20-jaar-ooreenkomste is met sonkragaanlegte wat by Atlantis en Philippi aan die metro se netwerk gekoppel sal word. Hy […]