# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, moedig inwoners en gemeenskappe aan om uiters versigtig te wees en veiligheid eerste te stel tydens gure weerstoestande wat tans in dele van die land voorkom. Dit word veroorsaak deur ʼn afsny-laagdrukstelsel en ʼn hoogdrukstelsel. Sneeu het voorgekom in bergagtige gebiede in die Oos-Kaap, […]
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, eis sterker aanspreeklikheid vir die bestuur van openbare fondse en onderwyshulpbronne. Die LUR het gister tydens ‘n nuuskonferensie verwys na die bevindinge van ‘n provinsiale uitreikprogram onder die titel “Dit neem ‘n dorp om ‘n kind groot te maak”. Hy het bevestig […]
# Atletiek: Suid-Afrika is ná Wêreld-atletiek se Onder 20-kampioenskapsbyeenkoms in Eugene, Oregon, tiende op die algehele punteleer met agt medaljes: een goud, drie silwer en vier brons. Dis die land se grootste medalje-oes by die kampioenskap sedert die nasionale span in 2021 in Nairobi nege opgeraap het. Van die uitstaande prestasies is dié van Jan-Hendrik […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 11 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, wil die uitspraak in die Hooggeregshof in Pretoria wat die bou van nuwe steenkoolkragstasies keer, uitdaag. Die rede vir die beslissing in 2024 was dat die regering nie voldoende omgewingstudies gedoen […]
# President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die getal inentings wat vir kinders aanbeveel word, te verminder. Die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie beveel tans 18 inentings aan, maar dit sal tot elf verlaag word. Volgens die bevel sal kinders ingeënt word teen masels, pampoentjies, rubella, witseerkeel, klem-in-die-kaak, kinkhoes, polio, Hib, […]
# Die misdaadontleder, Chris de Kock, sê die National Coloured Congress-leier, Fadiel Adams, se getuienis vandag voor die Madlanga-kommissie is baie belangrik. Hy sal na verwagting moeilike vrae moet antwoord oor die ongemagtigde bekendmaking van geklassifiseerde staatsdokumente. Daar is ook bewerings teen hom dat owerhede aanvegbare inligting van hom gebruik het om senior beamptes van […]