Skip to content

VF Plus sê Tshwane kan meer doen om gemeenskapsprojekte ’n hupstoot te gee

# Die Vryheidsfront Plus sê die Tshwane-metroraad se gemeenskaps-opheffingsveldtog het groot moontlikhede, maar die huidige administrasie moet meer riglyne verskaf. Die opheffingsmodel se doel is om gemeenskappe deur groepe, individue en sakeondernemings in staat te stel om munisipale eiendom soos straatligte, padtekens en parke in stand te hou en veiligheidsmaatreëls soos kringtelevisiestelsels in te stel. Een-en-tagtig van die goedgekeurde opheffingsprojekte was aktief van Desember 2023 tot Desember 2025. Die VF Plus sê daar is geen aanduiding van hoe die metro beplan om hierdie projekte ʼn hupstoot te gee nie.