Skip to content

Business Leadership South Africa sê die land het ’n samehangende handelstrategie nodig

# Business Leadership South Africa sê die land moet ʼn handelstrategie volg wat gebou is op die ontleding van waar dit kan meeding en nie op vooruitsigte van spitsberade nie. Die regering het onlangs sy strategiese vennootskap met Brasilië herbevestig met die hoop om ekonomiese bande te versterk. Suid-Afrika het in 2025 goedere ter waarde van 5,2-miljard-rand na Brasilië uitgevoer, maar 27,3-miljard-rand se produkte ingevoer. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê ʼn handelstrategie moet fokus op markte wat die regte balans bied, sonder om die plaaslike mark met hul produkte te oorstroom.