# Die Amerikaanse musieklegende Lionel Richie het homself volgens berigte in ‘n hospitaal laat opneem as voorsorgmaatreël ná die naweek se optrede in St Louis. Die 77-jarige Grammy-wenner was tydens die konsert duiselig en ontwater. Dit volg meer as twee maande nadat Richie ook op die verhoog duiselig was tydens die openingsaand van sy toer saam met Earth, Wind and Fire in Minnesota. Hy tree na verwagting weer die 26ste van die maand in San Francisco op.
Lionel Richie laat hom as voorsorgmaatreël in hospitaal opneem