# Rusland het die kragtigste lugaanvalle sedert die begin van sy oorlog in Oekraïne uitgevoer en die hoofstad Kiëf en ander stede met honderde hommeltuie getref. Oekraïense amptenare sê Moskou het sedert gister meer as een-duisend-560 hommeltuie afgevuur en minstens 11 mense is dood. Oekraïene se president, Volodimir Zelensky, sê dit is beslis nie die […]
# Platform to Protect Whistleblowers in Africa en ander burgerlike organisasies vra dat vandag se sperdatum vir openbare kommentaar op die Wetsontwerp op Verklikker-beskerming verleng word. Roshnee Narrandes van die organisasie het die konsepwetsontwerp gekritiseer en waarsku dit bied steeds nie genoeg beskerming aan verklikkers nie. Narrandes sê dissiplinêre optrede word dikwels gebruik as vergelding […]
# Rugby: SA Rugby het verlede jaar ‘n kwart van sy algehele inkomste regstreeks aan die Springbokke, die Springbok-vroue, die Springbok-sewes, die Junior Bokke en ander nasionale spanne bestee. Dit is volgens jaarstate wat op vandag se jaarvergadering in Kaapstad voorgelê is. Uitvoerende hoof Rian Oberholzer sê die belegging het onmiddellik vrugte afgewerp, en die […]
# Rugby: Die Springbok-stut Asenathi Ntlabakanye is vir 18 maande geskors nadat hy positief getoets het vir ‘n verbode middel. Hy is verwyder uit die Leeus se span vir die naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Ierse span Munster, aangesien die verbod sedert gister van krag is. Leeus Rugby bevestig hy het inligting van die […]
# President Cyril Ramaphosa het die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, ingevolge die Grondwet afgedank. Dit volg ná ernstige bewerings dat sy versuim het om twee voertuie te verklaar wat glo deur Chinese amptenare aan die ANC-Vroueliga geskenk is, en dit in haar kinders se name geregistreer het. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent […]
# Luitenant-Kolonel Nkoana Sebola van die Valke het voor die Madlanga-kommissie getuig beamptes het beweerde dwelmbewyse verkeerd hanteer tydens die Aeroton-dwelmklopjag in Gauteng. Sebola sê die sakke moes nooit uit die houer verwyder word of agter in ‘n bakkie gelaai gewees het nie, want dit het die ondersoek se integriteit in die gedrang gebring. Hy […]
# China se president, Xi Jinping, het aan die begin van ‘n tweedaagse beraad aan sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, gesê handelsgesprekke vorder. Hy waarsku egter meningsverskille oor Taiwan kan betrekkinge benadeel en selfs konflik veroorsaak. Xi het die opmerkings oor die demokraties-bestuurde eiland wat deur Beijing opgeëis word, geopper tydens ‘n geslote vergadering van […]