# Die vakverbond Saftu sê hy hou nog heeltyd vol dat die korrupsie by Tembisa-hospitaal nooit ʼn geïsoleerde voorval van administratiewe wangedrag was nie, maar ʼn sistematiese plundering van staatsfondse. Dit volg na die inhegtenisneming van die sakeman, Stefan Joel Govindraju, wat verbind word met tenderbedrog van meer as twee-miljard-rand by die hospitaal. Hy het gister in die Palm Ridge-landdroshof verskyn waar hy op borgtog van 200-duisend-rand vrygelaat is. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê nog mense moet aanspreeklik gehou word:
Saftu sê nog mense moet aanspreeklik gehou word vir tenderbedrog by Tembisa-hospitaal [KLANK]
ENG DyaniONTembisaHospital