# President Cyril Ramaphosa het Leonard Lekgetho met onmiddellike ingang aangestel as nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy volg advokaat Andy Mothibi op wat die pos in Februarie verlaat het om die nasionale direkteur van Openbare Vervolging te word. Lekgetho het 19 jaar ervaring by die ondersoekeenheid waar hy uiteenlopende poste beklee het, onder […]
# Die ANC se parlementêre koukus het Eskom se jongste finansiële resultate as ʼn belangrike mylpaal in die ommekeer van Suid-Afrika se elektrisiteitsektor beskryf. Die kragverskaffer het in die jaar tot einde Maart 2026, ʼn wins van 30,3-miljard-rand ná belasting getoon, wat ʼn skerp styging is van die 14-miljard-rand die vorige jaar. Eskom sê die […]
# Krieket: Australië het sy eendaggroep aangewys vir die reeks teen Zimbabwe en Suid-Afrika, met Marnus Labuschagne die belangrikste weglating. Hy het in Junie gesukkel tydens die toere in Pakistan en Bangladesj. Mitch Marsh, Travis Head en Josh Hazlewood keer terug na die span, terwyl die jongelinge Joel Davies en Ollie Peake hul plekke in […]
# Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy het ‘n omvattende en konstruktiewe telefoongesprek gevoer met die Amerikaanse president Donald Trump se gesante Steve Witkoff en Jared Kushner. Hulle het gekyk na verdere koördinering tussen die onderhandelingspanne en die ontwikkeling van vredesoplossings. Zelensky sê hy het Witkoff en Kushner ingelig oor die omstandighede op die […]
# EFF-leier Julius Malema het ingestem om Appèlhof-regter Keoagile Matojane in die Parlement verskoning te vra. Die parlementêre Etiekkomitee het bevind hy het die Etiese Gedragskode oortree toe hy die regter oor ʼn persoonlike saak by die Regterlike Dienskommissie bevraagteken het. Tydens die Regterlike Dienskommissie se onderhoude in 2021 vir aanstellings in die Appèlhof, het […]
# AfriForum sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se erkenning dat gemeenskappe ‘n onontbeerlike rol speel in die bekamping van misdaad, moet nou omskep word in ‘n formele vennootskap tussen die SAPD en buurtwagte. Die jongste misdaadstatistiek toon dat hoewel die moordsyfer in die eerste kwartaal van die 2026/2027 finansiële jaar met 5,9-persent […]