# Rugby: Die Springbok-staatmaker Willie le Roux speel môre sy 400ste eersteklas-wedstryd wanneer die Bulle die Italiaanse span Benetton pak in hul laaste Verenigde Rugbykampioenskaps-groepwedstryd in Pretoria. Die 36-jarige veelsydige agterspeler het sy loopbaan by Boland begin voor hy vir spanne soos Griekwas, die Cheetahs en die Haaie gespeel het voor hy na Loftus Versfeld […]
# RISE Mzansi sê Statistieke Suid-Afrika se voortdurende onderbefondsing verswak die land se vermoë om dienste te beplan en te lewer. Die party het tydens die Nasionale Vergadering se Begrotingsdebat gewaarsku begrotingsbeperkings bedreig belangrike opnames, ekonomiese data-insameling en die Distriksontwikkelingsmodel. Rise Mzansi se woordvoerder Mabine Seabe, waarsku beperkte befondsing kan Statistieke SA dwing om belangrike […]
# Wêreldgesondheidsleiers hou vandag ‘n hoëvlak-vergadering in Kaapstad om die versterking van gesondheidstelsels en die uitbreiding van toegang tot nuwe mediese hulpmiddels te bespreek. Voorsitters van die Afrika-gesondheids- en begrotingskomitees, multilaterale instellings, die burgerlike samelewing en vennote in die privaat sektor woon dit by. Die besprekings, wat gereël word deur die Global TB Caucus, saam […]
# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het nuwe pogings deur oudpresident Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales verwerp om die jarelange multi-miljard-randse wapentransaksie-korrupsieverhoor uit te stel. Die verhoor sleep reeds langer as 20-jaar voort. Regter Nkosinathi Chili het beslis die saak moet voortgaan en verwerp verdere appèlaansoeke, wat aanklaers Stalingrad-taktiek noem. Hy het ook betoë […]
# African Transformation Movement verwelkom die stigting van die Parlement se ampsklagkomitee oor president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak. Hy waarsku teen politieke inmenging en sê die werklike toets sal wees of die komitee met integriteit en onpartydigheid optree. ATM het die Parlement beskuldig dat hy Ramaphosa voorheen beskerm het rakende die diefstal van miljoene-rand […]
# Afrika-toerismeleiers beklemtoon handel binne Afrika en verslapte reisbeperkings sal sterker streeksamewerking bevorder, toerisme ‘n hupstoot gee en werksgeleenthede oral in die vasteland skep. Die voorstel is gedoen op die Afrika-reis-indaba in Durban. Verteenwoordigers van Eswatini en Lesotho vra makliker beweging tussen Afrikalande, terwyl hulle die belangrikheid van geldige dokumentasie vir reisigers beklemtoon. Besprekings het […]
# Die Britse minister van Finansies, Rachel Reeves, sê die land se jongste groeisyfers toon die regering het die regte ekonomiese plan. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,6-persent gegroei toe produksie en die boubedryf goed presteer het ondanks hoër energiekoste weens die Iranse konflik. Reeves sê ekonomiese bestendigheid moenie nou in gevaar […]