# EFF-leier Julius Malema het ingestem om Appèlhof-regter Keoagile Matojane in die Parlement verskoning te vra. Die parlementêre Etiekkomitee het bevind hy het die Etiese Gedragskode oortree toe hy die regter oor ʼn persoonlike saak by die Regterlike Dienskommissie bevraagteken het. Tydens die Regterlike Dienskommissie se onderhoude in 2021 vir aanstellings in die Appèlhof, het Malema vir Matojane gevra oor sy beslissing dat die EFF die gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, 500-duisend-rand moes betaal. Malema het die uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof betwis, maar die hof het sy aansoek verwerp.
Julius Malema gaan regter Matojane verskoning vra na uitspraak in EFF-lastersaak