# AfriForum sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se erkenning dat gemeenskappe ‘n onontbeerlike rol speel in die bekamping van misdaad, moet nou omskep word in ‘n formele vennootskap tussen die SAPD en buurtwagte. Die jongste misdaadstatistiek toon dat hoewel die moordsyfer in die eerste kwartaal van die 2026/2027 finansiële jaar met 5,9-persent gedaal het, is vyfduisend-427 mense binne slegs drie maande vermoor. Jacques Broodryk van AfriForum sê gemeenskappe moet nie net as ‘n hulpbron tydens groot operasies beskou word nie:
AfriForum vra formele vennootskap tussen SAPD en buurtwagte [KLANK]
AFR BroodrykOnPartnership