# Die Britse minister van Finansies, Rachel Reeves, sê die land se jongste groeisyfers toon die regering het die regte ekonomiese plan. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,6-persent gegroei toe produksie en die boubedryf goed presteer het ondanks hoër energiekoste weens die Iranse konflik. Reeves sê ekonomiese bestendigheid moenie nou in gevaar […]
# Die Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging eis dat werkloosheid tot ‘n nasionale ramp verklaar word. Statistieke SA het aangekondig werkloosheid het tussen Januarie en Maart vanjaar tot 32,7-persent gestyg en 8,1-miljoen mense is tans werkloos. Die beweging se leier, Lindokuhle Yende, sê ‘n ramp word verklaar wanneer gewone stelsels ineenstort en die alledaagse lewe nie kan voortgaan […]
# Die Verkiesingskommissie het ‘n bykomende 1,1-miljard-rand van die Nasionale Tesourie ontvang voor die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die OVK het aan die Parlement gesê die befondsing volg ná kommer oor ‘n begrotingstekort in sy aanvanklike toekenning van 3,1-miljard-rand. Die bykomende geld sal verkiesingsbedrywighede en verwante verkiesingskoste ondersteun. Die hoof-finansiële beampte, Dawn Mbatha, het aan […]
# Verskeie top wingerdplase lek hulle wonde na verwoestende en wysverspreide skade aan wingerde en infrastruktuur nadat die Breërivier in die Wes-Kaap dié week afgekom het. Boere sê die stygende vloedwater het hulle gedwing om te ontruim en het oesbedrywighede ontwrig. Noodspanne monitor steeds die gebiede wat geraak is terwyl produsente bekommerd is oor finansiële […]
# Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, sê voorbereidings verloop glad vir die Wêreldbekertoernooi wat in minder as ‘n maand in Kanada, Amerika en Mexiko begin. Agt-en-veertig spanne gaan van 11 Junie tot 19 Julie in 16 stede deelneem aan die vergrote formaat. Mexiko en Suid-Afrika pak mekaar in die openingswedstryd. Teen laat verlede maand […]
# ‘n Ontleding deur die finansiële inligtingsfirma S&P Global Market Intelligence toon groei in Afrika suid van die Sahara sal vanjaar na verwagting steeds 4,1-persent bereik en volgende jaar 3,8-persent. Die hoof van streeksontleding, Thea Fourie, sê baie lande in die streek is minder geraak deur prysskokke soos dié van brandstof en ander gebruiksgoedere vergeleke […]
# Sokker: Wetenskaplikes sê die wêreldbeheerliggaam FIFA se huidige hitte-veiligheidsmaatreëls vir die Wêreldbeker-toernooi in Noord-Amerika is onvoldoende en kan spelers ernstig benadeel. ‘n Groep van die wêreld se voorste kenners skryf in ‘n ope brief die bestaande riglyne is onmoontlik om te regverdig. Hulle vra FIFA om sterker beskermings in te stel, soos langer afkoelingspouses […]