# President Cyril Ramaphosa sê die fokus op die modernisering en transformasie van Suid-Afrika se kragstelsel is om energiesekerheid te verseker en goedkoop en skoon elektrisiteit vir alle burgers te verskaf. In sy weeklikse nuusbrief sê hy die land moet wegbeweeg van sy eeue-oue afhanklikheid van ‘n enkele nutsverskaffer as hy hoop om ‘n bekostigbare, […]
# Sokker: Lionel Messi van Argentinië het uit internasionale sokker getree na ‘n rekord-nalatenskap van 125 doele in 207 wedstryde. Die 39-jarige het in ses Wêreldbeker-toernooie gespeel, 2022 se toernooi in Katar gewen en in vanjaar se eindstryd teen Spanje verloor. Argentinië se voorste doelskieter van alle tye en die speler met die meeste wedstryde […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê vroue kiesers kan die sleutel wees wat die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November kan bepaal. Die jongste peiling toon die ANC het steeds sterker steun onder vroue, met 37-persent wat die party ondersteun in vergelyking met 26-persent vir die DA. Die peiling dui ook daarop dat […]
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag Saterdag op die FNB-stadion in Johannesburg ‘n nog meer intense wedstryd teen die All Blacks. Die reeks is tans gelykop, en hy dink albei lande is nou ten volle op die toetse gerig. Erasmus het besluit om sy voorry te verander met Ox Nché, Malcolm Marx en Wilco […]
# Die DA in die Wes-Kaap vra ‘n dringende ondersoek na ‘n video wat wys hoe ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ‘n vrou in Tafelsig, Mitchells Plain verbaal en fisies aanrand. Benedicta van Minnen van die party sê die lid moet gedissiplineer word of strafregtelik vervolg word indien die bewerings bevestig word. Van […]
# Die #NotFitForPurpose-veldtog het ‘n grondwetlike uitdaging teen die Wet op die Nasionale Raad oor Geslagsgeweld en Vrouemoord van stapel gestuur. Die veldtog glo die wet gee nie die raad genoeg onafhanklikheid, gesag, hulpbronne en aanspreeklikheid om GBVF effektief te beveg nie. Kayan Leung van die veldtog het aan die media gesê die hofsaak is […]
# Die Madlanga-kommissie, wat misdaad, korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, sal van Donderdag verdaag tot 11 September. Openbare verhore sal hierdie week op Woensdag eindig en op 14 September hervat. Die sewe werksdae is nodig om twee kommissarisse toe te laat om vorige verpligtinge na te kom. Jeremy Michaels van die kommissie […]
# Die voormalige speaker van die Parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula se korrupsiesaak is tot 7 September uitgestel vir uitspraak oor haar aansoek vir ontslag. Die Hooggeregshof in Pretoria het argumente van haar regspan en die staat aangehoor, wat die aansoek teengestaan het. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê Mapisa-Nqakula staan tereg op […]
# Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, sê die geskorste adjunk- Misdaadintelligensie-hoof, Feroz Khan, is gedagvaar om vandag voor die kommissie te verskyn, en die dagvaarding bly van krag. Dit kom te midde van berigte dat Khan weer in die hospitaal opgeneem is nadat hy in Junie in Johannesburg geskiet en gewond is. Michaels […]