# President Cyril Ramaphosa sê baie moet nog gedoen word om veral geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, wat die regering as ‘n nasionale ramp verklaar het. Die Verenigde Nasies se Vroueorganisasie reken die koers waarteen Suid-Afrikaanse vroue vermoor word is vyf keer die wêreldgemiddeld. Die president het gister die viering van die 70ste herdenking […]
# President Cyril Ramaphosa sê die vryheid van vroue is onverdeelbaar, aangesien geen kultuur, godsdiens, regering of ideologie die inkorting van vroue tot minderwaardige mense kan regverdig nie. Hy het gister die hoofrede gelewer tydens die Nasionale Vrouedag-herdenkingsgeleentheid by die Uniegebou in Pretoria. Ramaphosa sê sedert die koms van demokrasie het Suid-Afrika beduidende vordering gemaak […]
# Rugby: Luke Jacobson sal die All Blacks Woensdag vir die eerste keer aanvoer in hul kragmeting teen die Haaie in Durban. Sewe spelers van die Nieu-Seelandse span wat die Stormers met 38-21 geklop het, is weer deel van die 23-tal vir hierdie tweede wedstryd van die toer. Bradley Slater, wat ‘n paar dae gelede […]
# Die EFF-leier Julius Malema sal na verwagting ‘n aanklag van crimen injuria in die Johannesburgse landdroshof in die gesig staar nadat hy die voormalige skoolhoof van Bergview College, Jaco Pieterse, valslik van verkragting beskuldig het in die Cwe Cwe-saak. Daar is beweer ‘n sewejarige meisie, wat die skuilnaam Cwe Cwe gebruik het, is in […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging sê vroue se ekonomiese emansipasie moet sentraal staan tot Suid-Afrika se volgende fase van ontwikkeling. Die beweging vra vir groter toegang tot grond, finansies, vaardighede, tegnologie en markte vir ondernemings wat deur vroue besit word en vroueboere. Hy wil ook hê vroue moet werklike gesagsposisies in die regering, sakewêreld en gemeenskappe […]
# Sjanghai hou sy asem op vir erge weer met Tifoon Dolphin wat op pad is. Stortreën en uiterste oorstromings word verwag. Plaaslike owerhede het ‘n Rooi Waarskuwing uitgereik wat inwoners aanspoor om binnenshuis te bly en nie-noodsaaklike aktiwiteite te staak. Vervoerstelsels verwag wydverspreide kansellasies, en openbare infrastruktuur maak gereed vir die uitwerking. As gevolg […]
# COSATU is bekommerd oor die beplande afleggings by Media24 en eNCA en waarsku teen ‘n groeiende krisis in Suid-Afrika se mediabedryf. Media24 het aangedui dat 126 poste in gevaar is, terwyl eNCA 171 afleggings oorweeg. COSATU sê die afleggings bedreig demokrasie en vra vir alternatiewe vir die postevermindering. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê hulle wil […]
# Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, sal hierdie week voor die Madlanga-kommissie verskyn oor sy fluitjieblaser-klag wat ondersoeke na senior Misdaadintelligensie-amptenare aan die gang gesit het. Adams sal na verwagting vrae moet beantwoord oor sy Artikel 27-verwysing en bewerings van korrupsie en die misbruik van geheime fondse. Sy getuienis volg na […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê servikale kanker-ondersoeke het met 29 -persent gedurende die 2025/26-boekjaar toegeneem. Meer as 198-duisend vroue is ondersoek, teenoor 153-duisend die vorige jaar. Die Gautengse LUR vir Gesondheid, Faith Mazibuko, sê ondersoeke bemagtig vroue om beheer oor hul gesondheid te neem. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê menslike papillomavirus-inentings […]