# Jemen se Iran-ondersteunde Houthi’s neem verantwoordelikheid vir ‘n hommeltuig-aanval op ‘n raffinadery teen die kus van die Rooi See in Saoedi-Arabië. Aanvalle van die gewapende groep het toegeneem sedert die 2022-skietstilstand verlede maand verbreek is. Die groep se militêre woordvoerder, Yahya Saree, het gesê die Houthi’s het daarin geslaag om die Aramco-raffinadery in Jizan […]
# Cope se vroueafdeling doen ‘n beroep op ‘n nuwe era van vrouebemagtiging en -leierskap. COPE-vroue se woordvoerder, Elisa Mookho Ngoebo, sê geslagsgeweld, armoede, werkloosheid, diskriminasie en ekonomiese uitsluiting bly ‘n uitdaging vir vroue. Sy dring daarop aan dat vroue en jongmense moet stem vir verantwoordbare leierskap, skoon regering en verandering in die komende plaaslikeregeringsverkiesing:
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling gaan die Toegang tot Geregtigheidsweek in Kimberley van stapel stuur as deel van pogings om geslagsgeweld en vrouemoord te bestry. Die veldtog bied gratis regsadvies en bystand by howe landwyd, met die fokus op vroue, kinders en kwesbare gemeenskappe. Justisiebeamptes, die Nasionale Vervolgingsgesag, die polisie en Regshulp […]
# Die African Peoples Convention vra vir die herlewing van industrialisering en volhoubare werkskepping in Moretele, Noordwes. Die provinsiale voorsitter, Dikobe Lucas Mphak, sê in ‘n plaaslike verkiesingsveldtog-verklaring die gebied kan leer uit die nywerheidsontwikkeling in Babelegi onder die Bophuthatswana-regering. Die APC stel ‘n agro-industriële- en vervaardigingspark vir Moretele voor, wat fokus op landbouverwerking en […]
# Rugby: ‘n Laat drie deur Faf de Klerk het die Cheetahs gister gehelp om ‘n oorwinning van 31-26 oor die Stormers-23 te behaal in hul Curriebeker-wedstryd op die Athlone-stadion in Kaapstad. Die besoekers het vyf drieë gedruk teenoor die Kapenaars se vier. Die oorwinning plaas die Cheetahs in die tweede plek op die punteleer, […]
# Die Wes-Kaapse polisie ondersoek drie afsonderlike skietvoorvalle in Langa, Gugulethu en Khayelitsha waarin elf mense oornag dood is. Vyf mense is in Langa dood, drie mans in Khayelitsha en drie mense in Gugulethu, met nog twee wat beseer is. Geen arrestasies is nog gemaak nie en die motiewe bly onbekend. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het vroue vereer wat ‘n verskil in gemeenskappe maak, terwyl Suid-Afrika 70 jaar sedert die geskiedkundige Vroue-optog in 1956 herdenk. Meer as 20-duisend vroue het na die Uniegebou opgeruk teen die paswette wat op swart vroue afgedwing is. Lesufi het tydens ‘n Vrouedagviering in Pretoria die opmars beskryf […]
# Die Wes-Kaapse polisie het ‘n soektog begin ná die moord gisteraand op vyf mense in Langa, Kaapstad. Die polisie het gereageer op ‘n klagte van ‘n skietery by ‘n huis in Winnie Mandelastraat, Fase Drie. Met hul aankoms het beamptes die liggame van vier mans en een vrou gevind. Geen arrestasies is gemaak nie […]