# Build One South Africa vra ‘n openbare verslag oor die implementering van aanbevelings deur die Khampepe-kommissie, drie jaar na die Usindiso-geboubrand in Johannesburg wat die lewens van 76 mense geëis het. Die party wil hê die Stad Johannesburg en die Gautengse regering moet bekendmaak watter stappe geneem is en hoe soortgelyke tragedies voorkom sal […]
# Rugby: Die Wallabies-afrigter Les Kiss sê sy span leer om kalm te bly wanneer die druk toeneem. Australië het vasgebyt om ‘n meedoënlose Argentinië hierdie naweek te klop. Dit het aan Kiss sy derde agtereenvolgende oorwinning gegee sedert hy oorgeneem het. Dit is die Wallabies se eerste wenlopie van vier wedstryde sedert 2021 nadat […]
# Eskom sê hy het vordering gemaak met die aanspreek van sy gekwalifiseerde ouditmening. Die onafhanklike ouditeure Deloitte en Touche het onvolledige rekords gevind rondom die kwantifisering en openbaarmaking van onreëlmatige uitgawes ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die kwalifisering dek egter nie meer die akkuraatheid van gerapporteerde onreëlmatige uitgawes aan of verliese wat […]
# Die Switserse polisie het ‘n 43-jarige man in hegtenis geneem in verband met ‘n skietery by ‘n rave in die dorp Aarau waarin ‘n Italiaanse vrou dood en vyf mense beseer is. Die verdagte is in hegtenis geneem na ‘n grootskaalse soektog. Die polisie glo ‘n enkele persoon was betrokke, maar sê die omstandighede […]
# Sokker: Die Argentynse legende Lionel Messi het sy uittrede uit internasionale sokker op die ouderdom van 39 aangekondig. Hy sê hy het niks meer oor om vir die nasionale span te gee nie.
# Die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid se 2026 Sake-omgewingsopname sê streng arbeidswetgewing en regulatoriese vereistes is van die grootste struikelblokke vir ekonomiese groei. Volgens die opname onder 369 ondernemings, beskou byna 80-persent van ondernemings met meer as 200 werknemers arbeidswette as ‘n ernstige beperking. Ondernemings het verwys na vaardigheidstekorte en rompslomp. Sekere ondernemings […]
# Forum for South Africa veroordeel munisipaliteite wat inwoners straf wat boorgate geïnstalleer het omdat hulle nie betroubare water van die munisipaliteit ontvang het nie. Die woordvoerder van die Forum, Tebogo Mashilompane sê dit is onaanvaarbaar om inwoners te straf omdat hulle hul eie oplossings vind vir basiese diensverskaffingsprobleme. Hy sê inwoners betaal vir boorwerk, […]