# Die ANC se Groter Johannesburg-streek het ‘n peiling van die Maatskaplike Navorsingstigting verwerp wat toon dat die DA 42-persent steun in Johannesburg het, vergeleke met 18-persent vir die ANC. Die party bevraagteken die opname se onafhanklikheid en wil hê die metodologie en besonderhede oor die opdrag daarvoor moet vrygestel word. ANC-woordvoerder Mantombi Nkosi erken […]
# Donald Trump se voormalige persoonlike prokureur, Todd Blanche, is naelskraap as prokureur-generaal bevestig. Dis die land se top-wetstoepassingsbeampte. Die stemming bring ‘n einde aan die voortslepende geskil tussen die Republikeine in die Senaat en die Trump-administrasie oor Blanche, wat sedert April as waarnemende prokureur-generaal dien. Blanche is oornag in ‘n stemming van 50-49 bevestig, […]
# Sokker: Orlando Pirates is deur na die MTN8-halfeindronde na ‘n oorwinning in ekstra tyd met 2-1 oor Durban City FC in die Orlando Arena. Patrick Maswanganyi het die eerste punte in die eerste helfte met ‘n strafskop aangeteken nadat Durban City se Brooklyn Poggenpoel afgestuur is. Jean Lwamba van City het die telling gelykgemaak […]
# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het ‘n ANC-mededeling oor die aanbevole aanstelling van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier na die Artikel 89-ampsklagkomitee verwys. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het bekendgemaak Madonsela het voorheen regsadvies aan die ANC verskaf oor Artikel 89-reëls en -prosesse. Parlementêre woordvoerder Moloto Mothapo sê die […]
# Sokker: Die Argentynse sokkerster Lionel Messi rou oor die dood van sy pa, Jorge, wat op 68-jarige ouderdom na ‘n lang siekbed oorlede is. Jorge het gisteroggend in ‘n kliniek in Rosario, Argentinië, gesterf. Hy was ‘n sleutelfiguur in Lionel se sokkerloopbaan nasionaal en internasionaal sedert hy 14 was, en was sy verteenwoordiger en […]
# Sokker: Banyana Banyana het outomatiese kwalifikasie vir die 2027 FIFA Vrouewêreldbeker misgeloop na ‘n 2-1 kwarteindronde-nederlaag teen die gasvrouland Marokko by die Afrika-beker vir Vroue in Rabat. Die nederlaag het Suid-Afrika se titelverdediging beëindig en hulle uitgeskakel in die toernooi se hoofkompetisie. Desiree Ellis se span het egter steeds ‘n kans om vir die […]
# ActionSA sê die party moet die regering in KwaZulu-Natal oorneem. Die party se Tshwane-burgemeesterskandidaat, Nasiphi Moya, sê eThekwini is belangrik vir die provinsie se ekonomie. Moya het in KwaMashu, Durban, gesê mislukkings in infrastruktuur, riool en munisipale bestuur benadeel sakeondernemings, toerisme, beleggings en werkgeleenthede. Sy sê ActionSA-raadslede verwerp uitkontraktering en eis groter verantwoordbaarheid in […]
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party wil genoeg setels verower om ‘n sleutelspeler in die bestuur van groot munisipaliteite te word. Mashaba het in KwaMashu, Durban, gesê ActionSA teiken eThekwini, KwaDukuza en Newcastle, waar hy reeds ‘n teenwoordigheid het. Hy sê die party poog om koalisieregerings te beïnvloed eerder as om […]