# Eskom sê 504-duisend-977 slimmeters is landwyd op lasverminderingsvoerders geïnstalleer, wat 87,4-persent van sy teiken vir hoë-prioriteitsgebiede verteenwoordig. Die nutsmaatskappy sê 565 kraginvoerders is van lasvermindering verwyder. Na raming word 1,2-miljoen klante nie langer geraak nie, wat 70,8-persent van die geteikendes verteenwoordig. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê onwettige verbindings, elektrisitetsdiefstal insluitend intimidasie en werkonderbrekings, belemmer steeds […]
# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die beëindiging van geslagsgeweld vereis dat die beleid in praktiese stappe omgesit word en tot verantwoordbaarheid lei. Nel het tydens die Suid-Afrikaanse afdeling van die Internasionale Vereniging van Vroue-Regters se jaarlikse algemene konferensie in Bloemfontein die belangrikheid van beleid vir beskerming beklemtoon wat verantwoordbaarheid, […]
# Die regering het die moord op twee lede van die Teen-bende-eenheid in Reiger Park veroordeel. Hulle is na bewering in ‘n lokval gelei en doodgeskiet. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê wetstoepassingsagentskappe het hulpbronne ontplooi om die skuldiges op te spoor. Hy sê optredes soos Operasie Shanela is gemik op misdaadbrandpunte, gesoekte verdagtes en misdaadnetwerke, […]
# Die DA-leier Geordin Hill-Lewis het gebrekkige munisipaliteite gekritiseer en gesê Suid-Afrikaners verdien plaaslike regerings wat basiese dienste lewer. Met die bekendstelling van die party se manifes in Johannesburg het Hill-Lewis drie sleutelbeloftes gemaak, insluitend die aanstelling van gekwalifiseerde en eerlike mense in munisipale poste, die beskerming van water- en elektrisiteitsinkomste en die versekering dat […]
# Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, POPCRU, het ‘n beroep gedoen op gekoördineerde en meetbare nasionale programme om aanvalle op wetstoepassingsbeamptes te voorkom en intelligensie-gedrewe polisiëring te verbeter. Dit volg op die moord op twee beamptes van die Teen-bende-eenheid in Reiger Park, Ekurhuleni. Die vakbond sê die maatreëls is om te verseker dat aanvalle op polisiepersoneel […]
# Atletiek: Span Suid-Afrika het tot die sesde plek gevorder by die 2026 o.20 Wêreldatletiekkampioenskappe in Eugene, Oregon, en altesaam agt medaljes verower. Daar was gister twee goues toe Jan-Hendrik Heymans die spiesgooi-eindronde oorheers het met ‘n wêreldklas afstand van 80,50-meter. Michael-André Edwards het ook goud in die driesprong behaal met ‘n afstand van 17,08-meter. […]
# Rugby: Die Springbok-vrouespan het gister ‘n geskiedkundige oorwinning van 55-12 oor die Fijiana XV in die Suva-stadion behaal. Suid-Afrika het van die begin af oorheers en perfek by die nat toestande aangepas om ‘n voorsprong van 27-7 met rustyd te behaal. Die sterk voorspelers het die grondslag gevorm vir ‘n aanslag van nege drieë, […]
# Rugby: Die Springbokke het teen ‘n baie vasberade Argentynse span te staan gekom, maar daarin geslaag om die Pumas gister in ‘n harde stryd met 17-10 in Buenos Aires te klop. Na ‘n vroeë drie deur Benjamín Grondona vir die Pumas, het Suid-Afrika net voor die fluitjie geblaas het deur sy vleuel, Edwill van […]