# Die IVP het Mkhuleko Hlengwa aangewys as sy burgemeesterskandidaat in eThekwini in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die aankondiging is vanoggend in Durban gedoen. Hlengwa dien tans as adjunkminister van Vervoer en is ook die party se nasionale woordvoerder. Hy is sedert 2012 ‘n parlementslid. Die IFP-leier, Velenkosini Hlabisa, sê die party is vol vertroue Hlengwa kan die leiding neem in eThekwini, met verwysing na sy 15 jaar ervaring in regering en leierskap.
IVP benoem Mkhuleko Hlengwa as burgemeesterskandidaat in eThekwini