# Sokker: Die Argentynse sokkerster Lionel Messi rou oor die dood van sy pa, Jorge, wat op 68-jarige ouderdom na ‘n lang siekbed oorlede is. Jorge het gisteroggend in ‘n kliniek in Rosario, Argentinië, gesterf. Hy was ‘n sleutelfiguur in Lionel se sokkerloopbaan nasionaal en internasionaal sedert hy 14 was, en was sy verteenwoordiger en […]
# Sokker: Banyana Banyana het outomatiese kwalifikasie vir die 2027 FIFA Vrouewêreldbeker misgeloop na ‘n 2-1 kwarteindronde-nederlaag teen die gasvrouland Marokko by die Afrika-beker vir Vroue in Rabat. Die nederlaag het Suid-Afrika se titelverdediging beëindig en hulle uitgeskakel in die toernooi se hoofkompetisie. Desiree Ellis se span het egter steeds ‘n kans om vir die […]
# ActionSA sê die party moet die regering in KwaZulu-Natal oorneem. Die party se Tshwane-burgemeesterskandidaat, Nasiphi Moya, sê eThekwini is belangrik vir die provinsie se ekonomie. Moya het in KwaMashu, Durban, gesê mislukkings in infrastruktuur, riool en munisipale bestuur benadeel sakeondernemings, toerisme, beleggings en werkgeleenthede. Sy sê ActionSA-raadslede verwerp uitkontraktering en eis groter verantwoordbaarheid in […]
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party wil genoeg setels verower om ‘n sleutelspeler in die bestuur van groot munisipaliteite te word. Mashaba het in KwaMashu, Durban, gesê ActionSA teiken eThekwini, KwaDukuza en Newcastle, waar hy reeds ‘n teenwoordigheid het. Hy sê die party poog om koalisieregerings te beïnvloed eerder as om […]
# Eskom het die skuldigbevindings verwelkom van die voormalige kontrakteur Michael Lomas en sakeman Hudson Kgomoeswana oor verkrygingsonreëlmatighede en korrupsie wat verband hou met die Kusile-kragstasieprojek. Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena sê die skuldigbevindings is nog ‘n mylpaal in pogings om diegene wat daarvan beskuldig is dat hulle openbare fondse misbruik het, aanspreeklik te hou. […]
# Suid-Afrikaners ondervind steeds toenemende finansiële druk, met die koste van ‘n basiese huishoudelike voedselmandjie wat van net meer as drie-duisend-400-rand in 2020 tot meer as vyf-duisend-500-rand vanjaar gestyg het – ‘n toename van 62-persent. Investec se hoofekonoom, Annabel Bishop, sê stygende brandstof- en vervoerkoste, inflasie, rentekoerse, wisselkoersskommelings en wêreldwye ekonomiese druk, laat voedselpryse steeds […]
# Eskom sê 504-duisend-977 slimmeters is landwyd op lasverminderingsvoerders geïnstalleer, wat 87,4-persent van sy teiken vir hoë-prioriteitsgebiede verteenwoordig. Die nutsmaatskappy sê 565 kraginvoerders is van lasvermindering verwyder. Na raming word 1,2-miljoen klante nie langer geraak nie, wat 70,8-persent van die geteikendes verteenwoordig. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê onwettige verbindings, elektrisitetsdiefstal insluitend intimidasie en werkonderbrekings, belemmer steeds […]