# Die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, Matthew Chaskalson, het Deenadayalan “Deena” Govender, beampte van die Valke in KwaZulu-Natal, ondervra oor kontanttransaksies waarby rekenmeester Kassie Shamal betrokke is. Chaskalson het bevraagteken waarom Govender na bewering sowat 300-duisend-rand aan Shamal oorhandig het, voordat ‘n derdeparty-kliënt die geld in Govender se bankrekening oorgeplaas het. Chaskalson het aan die […]
# Veertien munisipaliteite is in gevaar van kragonderbrekings as hul nie teen môre verspreidingsooreenkomste met Eskom sluit nie. Die Nasionale Tesourie sê nie een van die betrokke munisipaliteite het tot dusver ‘n verspreidingsagentskapsooreenkoms met Eskom onderteken nie. Die munisipaliteite skuld Eskom reusebedrae, met munisipale skuld van altesaam 119-miljard-rand. Eskom sal ingevolge die ooreenkomste tydelik die […]
# Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het die nasionale raad oor geslagsgeweld en vrouemoord aangemoedig om regeringsbeloftes in dade te omskep. Chikunga het ná die raad se eerste vergadering op ‘n nuuskonferensie gesê die raad moet toesien dat wette en beleidsverbintenisse werklike beskerming aan vroue en meisies bied, […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die regering verloor die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Elf-duisend-532 seksuele oortredings, insluitend meer as nege-duisend verkragtings, is in net drie maande aangeteken. Phakamile Hlubi-Majola van MISA doen ‘n beroep op behoorlik bemande en toegeruste gespesialiseerde polisie-eenhede om misdade teen vroue en kinders te ondersoek. Hlubi-Majola sê oortreders moet in hegtenis […]
# Reddingspanne in Nepal, bygestaan deur kundiges uit China en Indië, het pogings verskerp om honderde mense te bereik wat vermoedelik ná die verwoestende oorstromings in versperde tonnels by hidrokragprojekte vasgekeer is. Meer as 900 mense is reeds dood en nagenoeg vyf-duisend word vermis. Die ramp het ‘n spoor van verwoesting in dorpe en nedersettings […]
# Tennis: Venus Williams is in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope uitgeskakel toe sy teen haar Amerikaanse landgenoot Sofia Kenin verloor het. Die 46-jarige het nog nie ‘n groot enkelspelwedstryd gewen sedert sy in 2021 die tweede ronde van Wimbledon gehaal het nie. Sy het sedertdien in ses Grand Slam-enkelspeltoernooie verskyn en elke […]
# Die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap ervaar tans ‘n skielike toename in klein vlieënde insekte wat dikwels met muskiete verwar word. Die metro se woordvoerder, Luzuko Buku, het inwoners ná raadpleging met entomoloë verseker die insekte is onskadelik. Hy sê hul byt nie en hou geen gesondheidsgevaar in nie. Buku sê die ongewone weerpatrone […]
# Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die nuutgestigte nasionale raad oor geslagsgeweld en vrouemoord sal die stryd teen die onding versterk. Sy het ‘n nuuskonferensie gehou ná die raad se eerste vergadering. Chikunga sê die raad sal die regering, die burgerlike samelewing, sake en ander sektore se […]