# Reddingspanne in Nepal, bygestaan deur kundiges uit China en Indië, het pogings verskerp om honderde mense te bereik wat vermoedelik ná die verwoestende oorstromings in versperde tonnels by hidrokragprojekte vasgekeer is. Meer as 900 mense is reeds dood en nagenoeg vyf-duisend word vermis. Die ramp het ‘n spoor van verwoesting in dorpe en nedersettings gesaai. Reddingswerkers probeer tans om 933 werkers te bereik wat vermoedelik by 11 hidrokragprojekte vasgekeer is. Talle werkers was besig in sowat ses tonnels in Rasuwa en Nuwakot toe die oorstromings plaasgevind het.
Nepalse spanne soek honderde vasgekeer in hidrokragtonnels ná dodelike oorstromings