# Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje en Aryna Sabalenka van Belarus begin vandag op Flushing Meadows in New York met die verdediging van hul Amerikaanse Ope-enkelspeltitels. Alcaraz, wat vanjaar tweede gekeur is, speel teen Roman Safiullin op die Arthur Ashe-stadion. Die Rus is tans 135ste op die wêreldranglys nadat hy sy beste posisie van 36ste in Januarie 2024 bereik het. Sabalenka, die wêreld-nommer-een en top-gekeurde, gaan sake uispook teen die wêreld-nommer-60, Camila Osorio van Colombia, in ‘n vroeëre wedstryd op dieselfde baan.
Tennis: Alcaraz, Sabalenka begin vandag met die verdediging van hulle Amerikaanse Ope-titels