# Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit in Gauteng het Vrouemaand begin met ‘n geleentheid om oorlewendes van geslagsgeweld te ondersteun. Die SAPD, gesondheidsorgpersoneel, nieregeringsorganisasies, die plaaslike Sakekamer en vaardigheidsontwikkelingsentrum het by die inisiatief aangesluit en oorlewendes van gesondheidsorgadvies, motiveringsondersteuning en bemagtigingsgeleenthede voorsien. Burgemeester Peter Teixeira het die munisipaliteit se verbintenis tot die beëindiging van geslagsgeweld herbevestig […]
# Tennis: Leylah Fernandez van Kanada het ‘n groot verrassing by die Ope in Toronto veroorsaak toe sy die die vyfde gekeurde Roland Garros-kampioen Mirra Andreeva in skoon stelle uitgeskakel het. Die 2021 Amerikaanse Ope-finalis het die wedstryd oorheers en binne 81 minute met 6-1, 6-4 gewen. Die oorwinning bring ‘n einde aan Fernandez se […]
# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, het die aanstelling van advokaat Samkelo Callaway Mtwana as direkteur van Openbare Vervolging vir die Oos-Kaapse afdeling verwelkom. Mtwana, wat sedert April in die pos waarneem, bring omvattende vervolgingservaring, insluitend werk by die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie en die Mthatha Gespesialiseerde Handelsmisdaadeenheid. Kubayi sê die aanstelling sal regs-administrasie en […]
# Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, sê die party sal mense met integriteit en die nodige vaardighede aanstel om belangrike munisipale dienste te bestuur. Zille het tydens die DA se bekendstelling van die manifes vir die 2026-plaaslike regeringsverkiesing in Newtown, Johannesburg, gesê ingenieurs moet ingenieursdienste bestuur, finansiële deskundiges moet toesig hou oor […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, lewer vanmiddag die hoofrede by die Black Lawyers Association se teemaaltyd in Sandton. Die geleentheid bring lede van die regsgemeenskap bymekaar om vroue se bydraes te vier en leierskap, transformasie, mentorskap en geslagsgelykheid te bespreek. Kubayi sal praat rondom die tema “Van verteenwoordiging tot leierskap: […]
# Ernst van Zyl van AfriForum sê uitgerekte onsekerheid oor eiendomsregte ondermyn steeds beleggersvertroue en benadeel Suid-Afrika se ekonomie. Sy uitsprake volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet uitgestel het, omdat sommige regspanne nie die geleentheid gehad het om hul argumente aan te bied nie. Van Zyl voer aan sleutelgedeeltes van […]
# Sokker: Dis nou of nooit vir Banyana Banyana wanneer hulle vanaand om tien-uur teen die gasvroue Marokko speel, in ‘n deurslaggewende Vroue-Afrikabeker-kwarteindstryd op die Moulay El Hassan-stadion in Rabat. ‘n Oorwinning sal ‘n halfeindstryd vir Suid-Afrika verseker en die span vir die 2027 FIFA Wêreldbeker laat kwalifiseer. Afrigter Desiree Ellis sê die wedstryd is […]
# Tennis: Die Amerikaner Ben Shelton is op koers met sy titelverdediging by die Ope in Montreal en deur na die vierde ronde danksy ‘n oorwinning in skoon stelle oor Zizou Bergs van België. Die vyfde gekeurde Shelton het met 6-3, 6-2 gewen en is nou die beste gekeurde speler wat nog oorbly. Sy afslane […]