Skip to content

Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika steeds op koers by die Amerikaanse Ope

# Tennis: Suid-Afrika se beste speler, Lloyd Harris, speel teen of die tiende-gekeurde Fransman Arthur Fils of die ongekeurde Griek Stefanos Tsitisipas in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Hy het gekwalifiseer voor hy die plaaslike speler Jack Kennedy in die eerste ronde in skoon stelle verslaan het. Die 29-jarige Harris se beste vertoning in New York was die kwarteindronde in 2021, waarna ‘n string beserings sy loopbaan gekniehalter het. Dit het veroorsaak dat Harris getuimel het van 31ste plek in die wêreld in September 2021 tot die huidige 139ste.