# Tennis: Suid-Afrika se beste speler, Lloyd Harris, speel teen of die tiende-gekeurde Fransman Arthur Fils of die ongekeurde Griek Stefanos Tsitisipas in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Hy het gekwalifiseer voor hy die plaaslike speler Jack Kennedy in die eerste ronde in skoon stelle verslaan het. Die 29-jarige Harris se beste vertoning […]
# Vrouemaand eindig vandag en Inyathelo vereer die buitengewone vroueleiers, aktiviste en maatskaplike werkers wat die ruggraat van Suid-Afrika se burgerlike samelewing vorm. Suid-Afrika se sektor vir organisasies sonder winsbejag bestaan uit bykans 300-duisend geregistreerde organisasies, met vroue wat na raming tussen 65- en 70-persent van die arbeidsmag vorm. Feryal Domingo van Inyathelo sê die […]
# Krieket: Die Protea-snelbouler, Kagiso Rabada, is in ‘n wedloop teen tyd gewikkel om betyds fiks te wees vir die tuisreeks van drie toetse teen Australië in Oktober. Hy het sy regter-agterkniesening beseer tydens oefening vir sy plaaslike span, die Lions. Rabada is reeds onttrek van die eendagreeks teen Australië, wat volgende maand begin. Krieket […]
# Die R521 in Limpopo naby die Vivo-aansluiting bly gesluit nadat ‘n vragmotor geknipmes het. Woordvoerder van die Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Mashudu Mabata, sê verkeersbeamptes is op die toneel en herlei die verkeer na die skouer van die pad om na en van Alldays en Louis Trichardt te reis. Mabata vra motoriste om […]
# Oudpresidente Jacob Zuma en Thabo Mbeki het hulle Konstitusionele Hof-aansoek verloor om regter Sisi Khampepe te dwing om te onttrek as voorsitter van die ondersoek na Waarheids- en Versoeningskommissie-sake. Zuma en Mbeki het aangevoer Khampepe se vorige WVK- en vervolgingsrolle maak haar partydig. Die hof het haar besluit bekragtig om nie te onttrek nie, […]
# Die United Progressive People Alliance sê inwoners van Hammanskraal moes byna twee weke lank sonder betroubare watervoorsiening klaarkom. Die party se burgemeesterskandidaat vir Tshwane, Abel Tau, sê hulle moes sonder basiese higiëne klaarkom. Hy sê die watertoevoer is eers herstel toe die ANC se president, Cyril Ramaphosa, die gebied besoek het, wat vrae laat […]
# Airlink verdedig sy formasievlugte oor die Kaapstadse stadion voor Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Die lugdiens sê geen lugvaart-veiligheidsregulasies is oortree nie, ondanks kommer op sosiale media omdat die vliegtuie buitengewoon laag gevlieg het. Airlink sê die verbyvlug het deeglike beplanning en oefening vereis onder toesig van die […]