# Sokker: Dis nou of nooit vir Banyana Banyana wanneer hulle vanaand om tien-uur teen die gasvroue Marokko speel, in ‘n deurslaggewende Vroue-Afrikabeker-kwarteindstryd op die Moulay El Hassan-stadion in Rabat. ‘n Oorwinning sal ‘n halfeindstryd vir Suid-Afrika verseker en die span vir die 2027 FIFA Wêreldbeker laat kwalifiseer. Afrigter Desiree Ellis sê die wedstryd is […]
# Tennis: Die Amerikaner Ben Shelton is op koers met sy titelverdediging by die Ope in Montreal en deur na die vierde ronde danksy ‘n oorwinning in skoon stelle oor Zizou Bergs van België. Die vyfde gekeurde Shelton het met 6-3, 6-2 gewen en is nou die beste gekeurde speler wat nog oorbly. Sy afslane […]
# Atletiek: Jan-Hendrik Heymans het goud verower met ‘n massiewe persoonlike beste van 80,50 meter in die eindronde van die spiesgooi vir mans, by die 2026 Wêreldatletiek o.20-kampioenskap op die Mayfield-stadion in Oregon in die VSA. Ander Suid-Afrikaners het ook op die wêreldverhoog geskitter. Jaco van Dyk het ‘n bronsmedalje gewen in die gewigstoot vir […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het verbruikers in kennis gestel dat sekere Toyota-voertuie herroep is, na aanleiding van ‘n kennisgewing deur Toyota Suid-Afrika. Die herroeping is as gevolg van ‘n herprogrammeringskwessie in die kombinasiemeter van 16 RAV-4 hibriede elektriese voertuie, vier Corolla Cross-voertuie, 391 Corolla-luikrugmotors, 21 Crowns en 86 GR Corollas. Die kommissie-woordvoerder, Phetho Ntaba, sê […]
# Minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, sê sy het nog nooit probeer om ondersoeke of vervolgings rakende Waarheids- en Versoeningskommissie-sake te stop nie. Kubayi het gister voor die Ondersoek na WVK-sake getuig. Sy het die onafhanklikheid van die Nasionale Vervolgingsgesag beklemtoon en gesê aanklaersbesluite berus uitsluitlik by die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging. Sy sê […]
# Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor vir die jaar tot op datum is nou 67,24-persent, die sterkste finansiële prestasie op ‘n jaargrondslag in ses jaar. Die nutsmaatskappy sê onbeplande onderbrekings het met 28,3-persent gedaal, met dieseluitgawes wat meer as 83- persent minder is. Eskom kon aan die aanvraag voldoen met geen beurtkrag vir 448 agtereenvolgende dae nie. […]
# AgriSA sê sterker vennootskappe regoor die landbousektor is noodsaaklik om toekomstige groei en veerkragtigheid te verseker namate die sektor aanpas by veranderende wêreldwye en plaaslike uitdagings. Volgens die organisasie vereis veranderende globale markte, geopolitieke verskuiwings en institusionele hervormings nouer samewerking tussen boere, landbou-ondernemings, finansiële instellings, die regering en ander belanghebbendes. AgriSA sê beter samewerking […]
# Die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee het 64 kontrakteringspermitte ter waarde van 17,8 miljard rand vir 27 lande gedurende die eerste kwartaal van 2026 gemagtig. Die adjunkminister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling en adjunkvoorsitter van die Komitee, Andries Nel, het die goedkeuring van 86 ammunisie-uitvoerpermitte ter waarde van 855-miljoen-rand, 76 invoerpermitte ter waarde van 82-miljoen-rand, en […]