# Airlink verdedig sy formasievlugte oor die Kaapstadse stadion voor Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Die lugdiens sê geen lugvaart-veiligheidsregulasies is oortree nie, ondanks kommer op sosiale media omdat die vliegtuie buitengewoon laag gevlieg het. Airlink sê die verbyvlug het deeglike beplanning en oefening vereis onder toesig van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid en Navigasiedienste. Die lugdiens sê vlugdata bevestig die vliegtuie het binne die goedgekeurde veiligheidshoogte- en spoedgrense gebly.
Airlink verdedig lae oorvlug oor Kaapstadse stadion voor tweede toets