# Die United Progressive People Alliance sê inwoners van Hammanskraal moes byna twee weke lank sonder betroubare watervoorsiening klaarkom. Die party se burgemeesterskandidaat vir Tshwane, Abel Tau, sê hulle moes sonder basiese higiëne klaarkom. Hy sê die watertoevoer is eers herstel toe die ANC se president, Cyril Ramaphosa, die gebied besoek het, wat vrae laat […]
# Airlink verdedig sy formasievlugte oor die Kaapstadse stadion voor Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Die lugdiens sê geen lugvaart-veiligheidsregulasies is oortree nie, ondanks kommer op sosiale media omdat die vliegtuie buitengewoon laag gevlieg het. Airlink sê die verbyvlug het deeglike beplanning en oefening vereis onder toesig van die […]
# Tennis: Die Switserse meester Roger Federer sê sy inhuldiging in die heldesaal is een van die grootste eerbewyse van sy lewe. Die 20-malige Grand Slam-kampioen het die eerbetoon emosioneel aanvaar tydens ‘n seremonie in Rhode Island, Amerika. Hy het sy beroepsloopbaan in 1998 op 16-jarige ouderdom begin en uiteindelik agt Wimbledon-enkelspeltitels ingepalm, asook ses […]
# President Cyril Ramaphosa en die voorsitter van Eskom se raad, Mteto Nyati, het vergader om Suid-Afrika se verbintenis tot energiehervorming te herbevestig. Hervormings is noodsaaklik om bekostigbare, betroubare en volhoubare elektrisiteitsvoorsiening te verseker. Nyati het vroeër gewaarsku regeringsplanne oor eienaarskap van Eskom kan die onderneming se finansies benadeel en beleggers afskrik. Woordvoerder Vincent Magwenya […]
# DA-leier Geordin Hill-Lewis kritiseer president Cyril Ramaphosa oor sy uitlating in die ANC se verkiesingsmanifes dat ANC-bestuurde munisipaliteite ‘n voordeel inhou omdat burgemeesters hulle tot kamerade in die nasionale regering kan wend. Hy sê dit strook nie met die werklikheid of die gees van die regering van nasionale eenheid nie. Hill-Lewis sê Ramaphosa vra […]
# Dis vandag Internasionale Oordosis-bewusmakingsdag. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê dit herinner mense dat oordosisse ʼn ernstige uitdaging bly wat mense, gesinne en gemeenskappe raak. Woordvoerder Sandy Godlwana sê om dwelmverwante skade teen te werk, vereis volgehoue voorkoming, vroeë ingryping, toegang tot behoorlike dienste en die gesamentlike pogings van die regering en samelewing. Sy sê […]
# Die polisie se Nasionale Ingrypings-eenheid het ʼn gesoekte vermeende baasbrein agter onwettige mynbedrywighede doodgeskiet tydens ʼn opsporingsoperasie in Carletonville, Gauteng. Lede van die eenheid is na ʼn huis waar die verdagte vermoedelik geskuil het. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagte het op die polisie losgebrand, wat hulle gedwing het om terug te skiet. […]