# Die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee het 64 kontrakteringspermitte ter waarde van 17,8 miljard rand vir 27 lande gedurende die eerste kwartaal van 2026 gemagtig. Die adjunkminister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling en adjunkvoorsitter van die Komitee, Andries Nel, het die goedkeuring van 86 ammunisie-uitvoerpermitte ter waarde van 855-miljoen-rand, 76 invoerpermitte ter waarde van 82-miljoen-rand, en […]
# Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party gaan formeel by die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, beswaar maak oor die voorgestelde aanstelling van advokaat Thandazani Madonsela as bewysleier vir die Parlement se Artikel 89-ampsklagkomitee. Mbalula voer aan dat Madonsela ‘n botsing van belange het omdat hy voorheen regsadvies aan die ANC verskaf […]
# Die burgerregtebeweging Not In My Name International sê die dood van die 17-jarige Cameron Waldeck-Cooks en die 19-jarige Ethan Coetzee werp weereens die kollig op geslagsgeweld en toksiese manlikheid. Voorlopige bevindinge dui daarop dat die graad 11-leerder aan die St Stithians Girls’ College in Johannesburg verwurg en versmoor is, terwyl Coetzee moontlik sy eie […]
# Rugby: Die All Blacks-kaptein Patrick Tuipulotu sê die Stormers het sy span se dissipline gisteraand op die Kaapstad-stadion getoets, waar die besoekers met 38 – 21 gewen het. Hy het die Stormers se sterk fisiese oorheersing in die eerste botsing van hul Suid-Afrikaanse toer geprys. Hoofafrigter Dave Rennie het ook frustrasie uitgespreek oor die […]
# Gun Free South Africa is bekommerd oor ‘n skerp afname in die hernuwings van vuurwapenlisensies en waarsku dit hou ‘n groeiende openbare veiligheidsrisiko in. In ‘n onderhoud met die SABC het uitvoerende direkteur Stanley Maphosa gesê lisensiehernuwings het sedert 2022 met ongeveer 75 persent gedaal. Maphosa het bygevoeg dat honderdduisende vuurwapeneienaars na ‘n uitspraak […]
# ‘n Nuwe Japannese studie toon robot-ondersteunde chirurgie kan beduidende druk op chirurge plaas. Navorsers aan die Chiba-universiteit het sewe ervare uroloë regstreeks dopgehou tydens operasies, en hul breinaktiwiteit, spierspanning en hartfunksies gemeet. Daar is bevind hoër stresvlakke hou verband met verhoogde breinaktiwiteit, meer spanning in die skouerspiere, ‘n vinniger hartklop en minder wisselvalligheid in […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnisoplegging van die 25-jarige Mosambiekse burger Joaquim Armando Pacula verwelkom vir die moord op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock in die Johannesburgse middestad verlede Desember. Die Hooggeregshof in Johannesburg het Pacula ook gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en ‘n oortreding van die Immigrasiewet. Sy […]
# Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party het niemand aangeval wat kommer oor migrasie geopper het nie. Mbalula het in Johannesburg by die party finalisering van sy verkiesingsmanifes gesê die ANC se benadering is om wetgewing af te dwing, en menslik teenoor die res van Afrika op te tree. Mbalula sê opregte griewe moet […]