# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het sy meegevoel betuig met die gesinne van die 17-jarige Cameron Waldeck-Cooks, ‘n leerder van St Stithians College, en die 19-jarige Ethan Coetzee. Albei is Maandag in ‘n gastehuis in Sabie dood gevind. Maile se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê die LUR het die publiek gevra om die […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party breek weg van die tradisionele manier, met streng keuring en onderhoude met burgemeesterskandidate vir die 2026-plaaslike regeringsverkiesing. Mbalula sê die ANC se verkiesingsmanifes is nou gefinaliseer, en meer as tienduisend wykskandidate word landwyd verwerk. Hy het bygevoeg die strenger keuringsproses sal verseker dat bekwame […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging sê hy het kandidate regoor Suid-Afrika om die 2026-plaaslike regeringsverkiesing in alle munisipaliteite te betwis. Die beweging se president, Floyd Shivambu, sê kandidate is geïdentifiseer deur konsultasies in al vierduisend-488 wyke. Shivambu sê die proses het daarop gefokus om etiese, bekwame en gemeenskapsgerigte leiers te vind. Hy sê die benadering weerspieël […]
# Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n beroep op inwoners van Reigerpark aan die Oos-Rand in Gauteng gedoen om ondersoekbeamptes te help om die persone te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op twee lede van die Teen-Bende-eenheid. Die nasionale Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê gespesialiseerde polisie-eenhede is ontplooi om die verdagtes op […]
# Rugby: Die Stormers het gisteraand in ‘n volgepakte Kaapstad-stadion moedig teruggeveg teen die All Blacks in die openingswedstryd van die Rugby’s Great Rivalry-toer maar uiteindelik die kragmeting met 38-21 verloor. Die rustydtelling was 14-7 in die besoekers se guns. Die Stormers kon hul man staan in die vaste fasette van die spel, maar uiteindelik […]
# Die Curriebeker-reeks betree dié naweek ‘n opwindende vierde ronde met vier belangrike wedstryde. Die verdedigende kampioene, die Griekwas, ontvang die Leeus Saterdag in Kimberley vir ‘n kragmeting tussen die voorlopers op die punteleer. Die Bulle 15 pak die Pumas op Loftus Versfeld en hoop om hul veldtog ná ‘n stadige begin weer op dreef […]
# Die regering waarsku Suid-Afrikaners om gereed te maak vir koue, nat en winderige weer met ‘n koue front wat van Sondag af in die Wes- en Noord-Kaap sal inbeweeg. Die adjunkregeringswoordvoerder William Baloyi sê die stelsel sal snerpende koue, rowwe see en sneeu oor bergagtige gebiede bring, voor dit ooswaarts na die Oos-Kaap en […]
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê diegene verantwoordelik vir polities gemotiveerde moorde sal opgespoor en voor die reg gebring word voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. NATJOINTS se medevoorsitter, Tebello Mosikili, het aan die media gesê die taakspan vir politieke moorde ondersoek steeds aktief onlangse sake en is daartoe verbind om ‘n […]