# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, het Molatelo Mashola aangestel as nuwe burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste in die plek van Frans Boshielo. Moya se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê Mashola was die raad se hoofsweep, wat politieke leierskap vereis het terwyl hy in al die bestuurstrukture gewerk het. Hy sê die Nutsdienste-portefeulje is baie belangrik omdat dit […]
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Stedelike Mobiliteit het sy hoogste kapitaalbesteding vir die afgelope boekjaar aangeteken. Hy het meer as 2,54-miljard-rand bestee aan die verbetering van paaie en sypaadjies, en padkapasiteit. Nog 1,633-miljard-rand is gebruik om nuwe infrastruktuur te bou vir MyCiTi-busse wat volgende jaar op roetes tussen die suidooste van die metro […]
# Soek- en reddingsoperasies in die Middellandse See duur voort nadat ‘n passasiersveerboot Sondag tussen Noord-Ciprus en Turkye omgeslaan het. Agt mense is dood. Amptenare sê daar was 259 passasiers en agt bemanningslede op die veerboot wat water begin inneem het na sy vertrek uit die kusdorp Kyrenia in Ciprus. Tot dusver is 241 mense […]
# Tennis: Mariano Navone van Argentinië het die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, uitgeskakel in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Die Serwiër het in vyf stelle verloor teen die wêreld-nommer-49 – die eerste keer sedert 2006 dat hy in die openingsronde van ‘n Grand Slam-toernooi vasval. 2021 se kampioen, Daniil Medvedev van Rusland, […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die suksesvolle inperking van die bek-en-klouseer-uitbreking in die provinsie bewys hoe ‘n benadering wat die hele samelewing betrek, biosekerheids-bedreigings vinnig kan stop en die landbou-ekonomie kan beskerm. Die provinsie het nou 82-persent van sy beeskudde van byna ‘n half-miljoen primêre en versterkingsdosisse toegedien. Privaat veeartse het 75,8-persent van […]
# Die vakverbond Saftu sê die regering moet ophou om graderingsagentskappe se goedkeuring met ekonomiese sukses te verwar. Fitch Ratings het Suid-Afrika se kredietgradering in Junie verhoog, en strenger fiskale dissipline en laer as verwagte skuld as redes aangevoer. Dit was die land se eerste opgradering in meer as twee dekades. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile se kantoor verwerp bespiegeling en onbevestigde berigte oor sy gesondheid en sê sy mediese inligting is privaat. Hy het op 18 Julie laas in die openbaar verskyn. ʼn Artikel in die Sunday World maak verskeie uitsprake oor Mashatile se gesondheid, insluitend dat hy in die waakeenheid is en noem die moontlikheid […]