# Die Stad Kaapstad sê inwoners moet steeds water bespaar al het damvlakke tot 78-persent gestyg. Die stad waarsku huidige voorrade moet deur die hoë-aanvraag somermaande en tot volgende jaar hou, aangesien reënval onvoorspelbaar bly. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê waterverbruik is tans laer as die stad se winterteiken, terwyl 570-miljoen-rand […]
# Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitopwekking het in Junie met 8,1-persent gedaal vegeleke met dieselfde maand verlede jaar, en elektrisiteit beskikbaar vir verspreiding het met 2,8-persent gedaal. Op ‘n maand tot maand grondslag het beide elektrisiteitopwekking en -verspreiding ook in Junie afgeneem, wat laer elektrisiteitproduksie en -verbruik weerspieël. Tsholofelo Ditinti van Statistiek SA sê elektrisiteitopwekking was […]
# Rugby: Die Argentynse afrigter Felipe Contepomi het 13 veranderinge aan sy span aangebring vir Saterdag se Rugbykampioenskap-toets teen die Springbokke in Buenos Aires. Hy het die voorspelers en agterlyn verander met die span wat hoop op ‘n sterk vertoning teen die wêreldkampioen na sy onlangse nederlaag teen Engeland. Suid-Afrika wil momentum bou voor die […]
# AfriForum het gewaarsku die voorgestelde Gaswetsontwerp kan mededinging, beleggingsekerheid en eiendomsregte ondermyn indien dit in sy huidige vorm aanvaar word. Die organisasie sê die wetgewing gee die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika oormatige magte oor lisensiëring, die bepaling van die gasprys en infrastruktuur. Lambert de Klerk van AfriForum dring daarop aan die regering moet deursigtige […]
# Die Verkiesingskommissie het die amptelike verkiesingsrooster vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing gepubliseer, ná die proklamasie van 4 November as verkiesingsdag. Die rooster dui die begin van die formele verkiesingsproses aan, met kandidaat-benoemings wat onmiddellik open en op 28 Augustus sluit. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het op ‘n nuuskonferensie gesê die rooster gee […]
# Die Stad Kaapstad het sy verbintenis herbevestig om in vroueleiers te belê as ‘n manier om openbare dienslewering te versterk. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, het tydens die tweede jaarlikse konferensie vir Vroue in die Regering gesê inklusiewe leierskap, digitale innovering en vaardigheidsontwikkeling is die sleutel tot die verbetering van dienslewering. Uys […]
# Owerhede in Slowakye het ‘n reusebom uit die Tweede Wêreldoorlog veilig vernietig. Die bom is in die Donau-rivier ontdek en vernietig ná ‘n omvangryke operasie deur die polisie, bomverwyderingskundiges en nooddienste. Die lewendige bom is tydens roetinewerk naby die rivier gevind, waarna omliggende gebiede as ‘n voorsorgmaatreël ontruim is. Spesialiste het daarna ‘n beheerde […]