# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, erken die party het foute gemaak tydens sy bewind in Johannesburg, maar sê koalisieregerings ondermyn dienslewering sedert die ANC beheer oor die stad verloor het. Mbalula het voor die aanvaarding van die ANC se 2026-manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing gesê die party sal nie sy tekortkominge wegsteek nie. […]
# Die Filippynse regering sê hy keur geen dreigemente van geweld goed nie, nadat vyf kiste met anti-China-boodskappe op verskillende plekke in Manila gevind is. Die kiste is oornag ontdek en bevat slagspreuke teen die Chinese Kommunistiese Party, wat gelei het tot ‘n polisieondersoek. Owerhede sê die kiste was leeg en niemand is nog in […]
# COPE vra ‘n onafhanklike ondersoek na bewerings dat die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, ingemeng het by ‘n regeringshuurkontrak. COPE beweer interne dokumente toon amptenare het ná ‘n mededingende proses, die JW Sauer-gebou aanbeveel, maar beweer die premier het die voorgestelde skuif gestuit. Die party se waarnemende nasionale voorsitter, Pakes Dikgetsi, bevraagteken ook Saul se […]
# Die Kaapstadse burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se bereidwilligheid om te oorweeg dat metropolisiedienste ondersoekbevoegdhede kry, is ‘n positiewe stap in die stryd teen misdaad. Volgens Hill-Lewis sal die uitbreiding van hierdie magte die metropolisie toelaat om meer doeltreffend met die Suid-Afrikaanse Polisiediens saam te werk om bendegeweld, […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het bykomende konsepregulasies en ‘n konsepkennisgewing vir openbare kommentar gepubliseer om die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te ondersteun. Die voorstelle dek die verkiesing van skoolbeheerliggame, bykomende vergoeding vir onderwysers, onderwysontwikkelingsinstitute en die Nasionale Onderwysinligtingstelsel. Die minister sê die regulasies het ten doel om duidelikheid, […]
# ‘n Johannesburgse prokureur wat na bewering ontvoer is voor haar woonstel in Northcliff is veilig opgespoor. Sy was glo geskok maar ongedeerd. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê Alex van Heerden is gister in Vosloorus gered nadat sy die vorige aand ontvoer is toe sy uit ‘n e-taxi geklim het. Nevhuhulwi sê een verdagte is […]