# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê hy is gereed om aan die komende plaaslikeregeringsverkiesing in November deel te neem. Hy het sy kandidatelys met vier-duisend-418 name vir wyksraadslede by die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie ingedien, en sal ook meeding vir proposionele verteenwoordiging. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê hulle kandidatelys is die produk van ʼn lang onderhandelingsproses […]
# Ysland het teen ʼn referendum gestem om voort te gaan met onderhandelings om by die Europese Unie aan te sluit. Altesaam 52,8-persent van meer as 225-duisend mense het die regering se voorstel verwerp, terwyl 47,2-persent ten gunste daarvan was. Die stempersentasie was 82,5-persent. Baie kiesers glo EU-lidmaatskap sal die eiland se soewereiniteit en viswaters […]
# Owerhede in Nepal het gewaarsku teen hernude oorstromings, met die dodetal ná verlede Woensdag se kitsvloede langs die Nepal-Tibet-grens wat steeds styg. Minstens 788 mense is in Nepal dood, terwyl Chinese owerhede minstens 16 sterftes aangemeld het. Na raming word drie-duisend mense in beide lande vermis, insluitend buitelandse burgers. Nepalese owerhede het inwoners in […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy het vertroue in die howe en die Parlement om sake rakende die Artikel 89 Onafhanklike Paneelverslag te hanteer. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal hierdie week die president se hersieningsaansoek van die paneel se verslag aanhoor, wat bevind het dat hy antwoorde moet verskaf oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas. […]
# Rugby: Die Griekwas het ‘n oortuigende oorwinning van 45-17 oor die Boland Kavaliers in Wellington, Wes-Kaap behaal en só hul hoop op die Curriebeker-halfeindstryd beëindig. Die verdedigende kampioene het sewe drieë gedruk om die Cheetahs bo-aan die punteleer te verwyder. Met dié oorwinning is die Griekwas deur na ‘n halfeindstryd teen die vierde geplaaste […]
# Die Forum for South Africa verwelkom die gesamentlike werkswinkel tussen die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en universiteite om uitdagings te bespreek wat die Funza Lushaka Onderwysersbeursprogram raak. Die skema het 222,6-miljoen-rand aan ses universiteite onder die program betaal en dek byna drieduisend studente wie se toelaes vertraag is. NSFAS sê ‘n beduidende aantal […]
# Die DA in Ekurhuleni sê dit is onaanvaarbaar en skandalig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, 1,2-miljoen-rand verdien terwyl hy in ‘n sel sit en wag op strafregtelike klagtes teen hom. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê die provinsiale LUR vir Infrastruktuurontwikkeling en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo het […]
# Die polisie in Limpopo het in ‘n week op ‘n wye reeks nagemaakte en onwettige produkte ter waarde van 351,9-miljoen-rand regoor die provinsie beslag gelê tydens twee gelyktydige hoëdigtheidsoperasies. Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die operasies het gelei tot die inhegtenisneming van 43 verdagtes tussen 30 en 45 jaar vir verskeie oortredings. Hy sê onder […]
# Die vakbondfederasie, SAFTU, is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sistematies ondergrawe is deur jare van onderbefondsing, besuinigings, verswakte infrastruktuur, verouderde toerusting en onvoldoende belegging in operasionele vermoë. Asive Dyani van SAFTU sê die regering het jare lank meer verantwoordelikhede vir die Weermag gegee terwyl hy nagelaat het om hulpbronne te verskaf wat ooreenstem […]