# Die Kaapstadse burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se bereidwilligheid om te oorweeg dat metropolisiedienste ondersoekbevoegdhede kry, is ‘n positiewe stap in die stryd teen misdaad. Volgens Hill-Lewis sal die uitbreiding van hierdie magte die metropolisie toelaat om meer doeltreffend met die Suid-Afrikaanse Polisiediens saam te werk om bendegeweld, […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het bykomende konsepregulasies en ‘n konsepkennisgewing vir openbare kommentar gepubliseer om die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te ondersteun. Die voorstelle dek die verkiesing van skoolbeheerliggame, bykomende vergoeding vir onderwysers, onderwysontwikkelingsinstitute en die Nasionale Onderwysinligtingstelsel. Die minister sê die regulasies het ten doel om duidelikheid, […]
# ‘n Johannesburgse prokureur wat na bewering ontvoer is voor haar woonstel in Northcliff is veilig opgespoor. Sy was glo geskok maar ongedeerd. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê Alex van Heerden is gister in Vosloorus gered nadat sy die vorige aand ontvoer is toe sy uit ‘n e-taxi geklim het. Nevhuhulwi sê een verdagte is […]
# Die polisie in Mpumalanga het ‘n moordondersoek geopen nadat lykskouings uitgevoer is op die liggame van twee jongmense van Johannesburg wat Maandag in ‘n gastehuis in Sabie gevind is. Die 17-jarige graad 11-leerder van St Stithians, Cameron Waldeck-Cook, is verwurg, en die 19-jarige Ethan Coetzee, wat verlede jaar aan dieselfde skool matrikuleer het, het […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika het ‘n belangrike mylpaal bereik met Angola se aansluiting by die oorgrens-betalingstelsel. Hy het gepraat tydens die ambassadeursontbyt in Johannesburg waar die versterking van ekonomiese diplomasie, handel en belegging bespreek is. Lamola sê die projek sal handel tussen Afrika-lande bevorder. Hy sê die […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, vra groter openbare bewusmaking van die Afrika- vryhandelsgebied en sê slegs 13-persent van die vasteland se inwoners is bewus daarvan, ondanks sterk steun vir streekshandel. Hy het in Johannesburg gesê dieper integrasie moet gewone burgers bevoordeel, nie net politieke en sakeleiers nie. Lamola het ondernemings aangespoor om […]
# Turkye, Saoedi-Arabië en Pakistan onderteken vandag ‘n gesamentlike verdedigingsverdrag te midde van toenemende onbestendigheid in die streek terwyl Golflande onder Iranse aanvalle deurloop ná Amerika en Israel se aanvalle op Iran. Reuters berig die verdrag versterk samewerking tussen ‘n groeiende groep invloedryke Soennitiese Moslemlande, maar besonderhede oor elke land se verpligtinge is nog nie […]