# Rugby: Die voorste twee spanne op die punteleer, die Leeus en Griekwas, skop die naweek se Curriebeker-aksie môre-middag eenuur in Kimberley af. Die Blou Bulle kom daarna op Loftus teen die Pumas te staan, gevolg deur die wedstryd tussen die Haaie-vyftiental en Boland Kavaliers in Durban. Sondag ontmoet die Stormers-23 die Cheetahs op die […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het 4 November amptelik in die Staatskoerant geproklameer as die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing. Hy het met die SABC gepraat en burgers versoek om te registreer voor die kieserslys om middernag sluit. Hlabisa moedig gemeenskappe aan om die stembus te gebruik om raadslede […]
# Atletiek: Die sestienjarige gewigstoter Jaco van Dyk het Suid-Afrika se eerste medalje ingepalm op die Onder-20-Wêreldatletiek-kampioenskap in Oregon, Amerika. Hy het brons gewen in ‘n nuwe persoonlike beste prestasie met ‘n reuse-gooi van 19.80-meter. Marko Ferreira het brons verower in ‘n tyd van 10,16-sekondes in die mans-100-meter. Kryn Romijn en Leendert Koekemoer het gekwalifiseer […]
# Krieket: Die Indiese Vroue se besoek aan Suid-Afrika in Desember sal nou ook ‘n T20-reeks teen die Proteas insluit. Die toer begin op 9 Desember met ‘n toets in Gqeberha. Daarna volg drie eendagwedstryde – in Potchefstroom op 16 Desember, in Bloemfontein die 19de en in Kaapstad die 22ste. Die drie T20s word op […]
# Suid-Afrika het ‘n leningsooreenkoms van agt-miljard-rand onderteken met die Asiatiese Infrastruktuur-beleggingsbank om klimaatsbestande stedelike dienste te versterk. Die Nasionale Tesourie sê die fonds is geoormerk binne ‘n streng prestasieraamwerk om stedelike stelsels teen klimaat-skokke soos oorstromings of droogtes en basiese dienslewering te verbeter. Die Tesourie sê plaaslike munisipaliteite en metro’s beskik dikwels nie oor […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het die vierde November amptelik geproklameer as datum van die plaaslike regeringsverkiesing.