# Tennis:: Novak Djokovic sê hy is voorbereid vir sy jongste poging om tennisgeskiedenis te maak by die Amerikaanse Ope, waar hy ‘n rekord 25ste Grand Slam-titel wil verower. Die 39-jarige het die laaste vier of beter gehaal in ses van die afgelope sewe groot toernooie, maar nog nie een gewen sedert hy die Amerikaanse […]
# Die Interministeriële Komitee oor Plaaslikeregeringsverkiesings het alle Suid-Afrikaners versoek om versigtig te wees en nie demokrasie tydens die verkiesing met enige tipe geweld te ondermyn nie. Die departementele woordvoerder van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Pearl Maseko-Binqose, sê die Verkiesingskommissie se navorsingsverslag verskaf inligting oor die sienings en gedragsvoorkeure van volwasse Suid-Afrikaners om die […]
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum erken die uitspraak deur president Cyril Ramaphosa tydens die ANC-verkiesingsveldtog in Soweto dat kerke ruimte vir aanbidding binne openbare skole gegun moet word. Die forum se president, Marothi Mashashane, is egter versigtig. Hy hoop die verklaring is ‘n opregte verbintenis tot godsdiensvryheid en gemeenskapsopheffing, eerder as ‘n blote veldtogstrategie om […]
# Ysland het begin met die tel van stemme in ‘n referendum oor die vraag of gesprekke oor lidmaatskap van die Europese Unie heropen moet word. Die uitslag kan nie voorspel word nie; die verskil is te klein. Vroeë uitslae gee die “ja”-veldtog ‘n noue voorsprong, maar “nee”-stemme het oornag met die telling ingestroom. Die […]
# Sokker: Orlando Pirates is deur na die MTN8-einstryd ná hul ‘n 3-0 oorwinning oor Sekhukhune United op die Orlando-stadion. Danksy doele in die eerste helfte deur Thapelo Mokobodi en Ghampani Lungu, asook ‘n laat doel deur Kamogelo Sebelebele, kon die Buccaneers hul 1-0-voordeel uit die eerste been in Polokwane verder vergroot. Die verdedigende kampioene […]
# Cosatu doen ‘n beroep op die Departement van Werkskepping en Arbeid en die Nasionale Tesourie om die werwing van die beloofde tienduisend arbeidsinspekteurs te bespoedig. Die Federasie is diep bekommerd oor die vertragings in die regering se nakoming van hierdie progressiewe verbintenis wat deur president Cyril Ramaphosa in die Staatsrede in Februarie vanjaar aangekondig […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê pogings word aangewend om die polisiediens in die land te versterk. Polisiemisdaadstatistieke het ‘n afname in ernstige kontakmisdaad aangeteken gedurende die eerste kwartaal van die 2026/2027-boekjaar. Ramaphosa het tydens die ANC-verkiesingsveldtog in Orlando-Wes, Soweto gister, aan die media gesê Suid-Afrikaners moet die polisie erkenning gee vir die afname in […]