# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die Wysigingswetsontwerp op Regterlike Aangeleenthede toon die oppergesag van die reg is nie onveranderlik nie en moet voortdurend in stand gehou en verfyn word. Die wetsontwerp, wat by die Parlement ingedien is, sal help om struikelblokke met die toepassing van die wet verwyder, reageer […]
# Die Inkatha-Vryheidsparty moedig kwalifiserende Suid-Afrikaners aan om vandag nog te registreer om in November se plaaslike verkiesing te stem. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, kondig vandag die verkiesingsdatum in die Staatskoerant af, waarna kwalifiserende burgers nog tot middernag het om te registreer. Woordvoerder Mkhuleko Hlengwa sê deur te registreer, […]
# Die Stad Tshwane sê hy gaan ʼn forum stig vir informele handelaars en die township-ekonomie om die ekonomie te laat groei. Dit volg ná groei van 33-persent in die informele en township-ekonomieë wat tussen September 2024 en September 2025 altesaam 57-duisend nuwe werksgeleenthede geskep het. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, […]
# Die Black Business Council sê hy ondersteun die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se versoek om die Wet op die Openbare Beleggingskorporasie te wysig. Die minister het vroeër die week bevestig dat die Kabinet binnekort voorstelle gaan oorweeg om die bestaande praktyk te wysig dat ʼn adjunkminister ondervoorsitter is met ʼn onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het twee nuwe uitvoerende opdragte onderteken wat behels dat kinders nie outomaties Amerikaanse burgerskap kry nie deur sogenaamde geboorte-toerisme te verbied. Die Hoërhof het verlede maand sy poging verwerp om geboortereg-burgerskap te beëindig. Die Migrasiebeleid-instituut reken tussen 22- en 26-duisend babas word jaarliks in Amerika gebore as geboorte-toerisme. Trump […]
# Die spysenieringsvakbond, SACCAWU, sê Boxer-werknemers word onregverdig behandel. Die vakbond sê hoewel Boxer een van Suid-Afrika se voorste voedsel-kleinhandelaars is, met markkapitalisasie van sowat 33-miljard-rand, word baie werknemers volgens hom uitgebuit en onbillik behandel. SACCAWU sê volgens berigte kry werknemers opdrag om aan die einde van hul skof uit te klok, maar dan terug te […]