# Krieket: Dewald Brevis het ‘n onoorwonne 75 lopies van slegs 32 balle gemoker in Suid-Afrika se oorwinning met sewe paaltjies oor Zimbabwe in die T20-driehoekreeks in Windhoek. Zimbabwe het 144 vir agt aangeteken nadat die Proteas se draaiboulers, gelei deur kaptein Bjorn Fortuin en Prenelan Subrayen, hulle gekniehalter het. Brevis het Suid-Afrika in die […]
# Niger se militêre regering sê hy het beheer oor sleutelterreine in die hoofstad, Niamey, herwin nadat muitende soldate die lughawe en presidensiële paleis aangeval het. Tientalle soldate is volgens berigte dood of in hegtenis geneem ná ure se geweervuur en ontploffings. Die staatstelevisie, wat vlugtig onderbreek is, het later beeldmateriaal van troepe in aanhouding […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het Nieu-Seeland se verbetering geprys, maar teruggekap na die All Blacks-afrigter Dave Rennie nadat hy gekla het oor Suid-Afrika se skrumwerk. Erasmus sê dis die eerste keer dat die Springbokke beskuldig word dat hulle “rondloop” in die skrum. Hy sê daar was verskeie kompstamp-voorvalle met die All Blacks waaroor Suid-Afrika […]
# Eskom sê Suid-Afrika se kragvoorsiening versterk steeds namate sy opwekkingsvloot volgehoue strukturele en operasionele verbeterings lewer. Eskom se Energiebeskikbaarheidsfaktor vir die jaar tot nou het tot 67,87-persent gestyg, die hoogste vlak sedert 2020. Die nutsmaaskappy se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê gemiddelde onbeplande onderbrekings is met ses-duisend-873 megawatt oor die afgelope drie jaar van 16-duisend-130 […]
# Die polisie in Mpumalanga ondersoek moordsake na die ontdekking van ses liggame van vermeende onwettige mynwerkers gister in Mashobote. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die polisie het ‘n oproep ontvang van ‘n lid van die gemeenskap wat gesê het hy het liggame by ‘n berg in die gebied gesien. Hy sê polisielede van die Onwettige […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering is besig om die Suid-Afrikaners te identifiseer wat in die Nepalese vloedramp vasgevang is. Ramaphosa het die media gister tydens die ANC-verkiesingsveldtog in Orlando-Wes, Soweto ingelig. Ses Suid-Afrikaners word vermis na die oorstromings op die Nepal-Tibet-grens. Die president sê die regering verleen hulp deur die Suid-Afrikaanse ambassade:
# Reddingsoperasies in Nepal is hervat nadat dit vroeër gestaak is, met die owerhede wat spesialishulp soek te midde van ‘n stygende dodetal. Meer as 600 mense is dood en byna drie-duisend word steeds vermis in Nepal en Tibet, insluitend meer as 500 buitelandse burgers. Die bedreiging van verdere oorstromings bemoeilik egter die soektog. ‘n […]
# Rugby: Die Pumas is deur na die Curriebeker-halfeindronde na ‘n oorwinning van 52-26 oor die Cheetahs op die Mbombela-stadion. Die gashere het die kragmeting oorheers met agt drieë teenoor vier en met rustyd met 28-7 voorgeloop. Die Pumas het ‘n bonuspunt-oorwinning nodig gehad om hul plek in die laaste vier te verseker, en het […]
# Rugby: Suid-Afrika se oorwinning van 33-26 oor Nieu-Seeland in Kaapstad het die reeks van vier toetse gelyk gemaak met een-elk. Die Bokke het goed herstel na verlede naweek se 33-16-nederlaag en was teen rustyd 24-14-voor, maar moes ‘n laat aanslag deur die All Blacks afweer. Siya Kolisi het na sy besering teruggekeer met ‘n […]