# Die adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, sê die regering het sedert 1994 aansienlik vordering gemaak wat die regte en verteenwoordiging van vroue in leierskapstrukture betref. Vroue maak 43,5-persent van parlementslede uit en beklee senior posisies in die regering, Parlement en regbank. Suid-Afrika vier vanjaar die 70ste herdenking van die Vroue-optog. Morolong sê ten […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het die departement se verbintenis tot beter maatskaplike dienslewering herbevestig na ‘n reeks onaangekondigde oorsigbesoeke aan kantore van die maatskaplike sekerheidsagentskap, SASSA. Sy het verbeterings in die bestuur van rye en die skeiding van dienspunte volgens behoeftes verwelkom. Pule sê die maatreëls het doeltreffendheid verbeter, wagtye verkort […]
# Eskom-voorsitter Mteto Nyati sê die regering moet risiko’s vir die kragvoorsiener se finansies en sy kredietverskaffers aanspreek voor hy bates oordra na die Onafhanklike Transmissiestelsel-operateur. President Cyril Ramaphosa het die eerstefase-aanbevelings goedgekeur van ʼn taakspan wat herbevestig het dat die netwerk onder beheer van ʼn afsonderlike instelling geplaas moet word. Nyati het aan Bloomberg […]
# ‘n Hof in Nieu-Mexiko het die sosialemediareus Meta opdrag gegee om 9,3-miljard-rand te betaal omdat hy nie die publiek gewaarsku het oor die gevare van sy platforms vir kinders nie. Die uitspraak volg na die uitspraak in Maart waarin Meta, die maatskappy agter Instagram, WhatsApp en Facebook, skuldig bevind is aan misleiding van gebruikers […]
# Defend Our Democracy moedig alle Suid-Afrikaners wat kwalifiseer aan om te registreer en hul kieserregistrasie-besonderhede aanlyn na te gaan voor die verkiesingsdatum vir plaaslike regering vandag afgekondig word. Tydens die twee kieserregistrasie-naweke in Junie en vandeesmaand was daar interaksie tussen die Verkiesingskommissie en byna 4,7-miljoen kiesers. Die kommissie se aanlyn registrasieportaal sluit om middernag. Defend […]
# Sokker: Die Europese beheerliggaam, UEFA, beplan steeds om FIFA-kompetisies te boikot, ondanks president Gianni Infantino se verskoning oor sy afgestelde planne om Wêreldbeker-aandele aan privaat beleggers te verkoop. UEFA sê lidlande was duidelik oor die voorwaardes vir deelname aan FIFA-kompetisies, maar nie almal is nagekom nie. Die boikot plaas Europese spanne se deelname aan […]
# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, vra sterker vennootskappe tussen regerings, die privaat sektor en vervoer-rolspelers om Afrika se volgende mobiliteit-revolusie aan te dryf. Sy het gister die internasionale vereniging vir openbare vervoer in Afrika se konferensie in Sandton, Johannesburg, toegespreek. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê die LUR het beklemtoon […]