Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig provinsiale wetgewers wil die Onteieningswet behou. Hulle het in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aangevoer die wet kan behoue bly met klein regstellings wat deur die parlementêre proses hanteer kan word. Die standpunt word ook deur president Cyril Ramaphosa gehuldig. # […]
# Die ANC in die eThekwini-streek veroordeel die moord op sy wyksraadslid in Wyk 17, Sibusiso Khwela, en sê die barbaarse daad beroof die gemeenskap van ʼn goeie staatsamptenaar. Khwela is gister in sy kantoor in Klaarwater, wes van Durban, doodgeskiet. Die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde sal die moord ondersoek. Die ANC se taakspan-koördineerder […]
# Die Africa Centres for Disease Control and Prevention en die Wêreldgesondheidsorganisasie vra dringende verskerping van die gemeenskap-gedrewe Ebola-reaksie in die Demokratiese Republiek die Kongo. Daar is drie-duisend-973 bevestigde gevalle en een-duisend-801 sterftes in die DRK aangemeld. Meer as tweederdes van hierdie sterftes was in gemeenskappe en nie in behandelingsentrums nie. Africa CDC se direkteur-generaal, […]
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê Suid-Afrika as belangrike bestemming vir migrante, moet die wettige aspirasies van sy burgers met die land se grondwetlike, streeks- en internasionale verpligtinge balanseer. Sy het die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste aan die Parlement voorgelê. Die wetsontwerp wil optrede teen die indiensneming van onwettige buitelanders in die […]
# Rugby: Die Stormers se afrigter, John Dobson, verwag ‘n groot stylbotsing in vanaand se wedstryd teen die All Blacks in Kaapstad. Hy sê sy span se deelname aan die Verenigde Rugbykampioenskap beteken hulle het nog nie voorheen ‘n kenmerkende speelstyl soos dié van die All Blacks teëgekom het nie. Dobson dink egter die Stormers […]
# eThekwini-burgemeester Cyril Xaba het skok uitgespreek oor die moord op die ANC-wyksraadslid, Sibusiso Khwela in Klaarwater, wes van Durban. Volgens voorlopige ondersoeke was die oorledene saam met verskeie gemeenskapslede in sy kantoor, toe ʼn onbekende verdagte inkom, hom talle kere skiet en van die toneel vlug. Khwela was verantwoordelik vir Wyk 17 in eThekwini. […]
# President Donald Trump van Amerika sê sy land se krygstuig-voorraad is massief en brei teen ʼn geskiedkundige tempo uit. Volgens berigte het die Amerikaanse leër byna 80-persent van sy onderskeppers vir sy grond-tot-lug-missielverdedigingstelsels opgebruik. Die Sentrum vir Strategiese en Internasionale Studies berig dat Amerika teen einde Julie tussen 759 en 827 Patriot-missiele oorgehad het […]
# Die Departement van Verdediging sê die oorbesteding aan salarisse is die gevolg van begrotingsbeperkings, nie finansiële wanbestuur of ‘n opgeblase administrasie nie. Die departement se vergoedingsbegroting is met ongeveer 3,7-miljard-rand oorskry, ‘n tekort van meer as 13-miljard-rand oor die volgende drie jaar. Die departement het tans 72-duisend-en-95 personeellede, wat tot 79-duisend-349 styg wanneer die […]