# Die Kabinet het Eskom se voortgesette vordering verwelkom, met sewe provinsies wat lasverminderingstatus voor die Oktober-teiken bereik het. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê sowat 1,2-miljoen kliënte is na normale voorsiening herstel, terwyl geaffekteerde kliënte nou 6,8-persent van Eskom se basis uitmaak. Sy verwelkom ook die vermindering in dieselbesteding van meer as […]
# Die Kabinet sê die regering is besig met voorbereidings vir die registrasie en bekendstelling van ‘n nuwe tuberkulose-entstof indien die voortgesette Fase Drie-toetse suksesvol is. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die M72/AS01E-kandidaat word in Suid-Afrika en ander lande getoets en is gemik op die voorkoming van om aktiewe pulmonale tuberkulose by […]
# Die kabinet sê voorbereidings vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November is goed op dreef. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê samewerkingstrukture is op alle regeringsvlakke ingestel om te verseker die verkiesing is vry, regverdig, geloofwaardig en vreedsaam. Ntshavheni het die onlangse moorde op raadslede veroordeel en vra Suid-Afrikaners om intimidasie, […]
# Russiese hommeltuigaanvalle het vandag die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en omliggende gebiede getref, met skade aan huise, pakhuise en woonstelblokke. Minstens een persoon is buite Kiëf dood en vier is beseer in ‘n afsonderlike aanval op ‘n huisverbeteringswinkel. Nooddienste sê die Kiëf-streek is die afgelope 24-uur 38 keer aangeval. Lugaanvalsirenes het in die hoofstad weerklink, […]
# Die Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet van energiebeplanning na lewering oorgaan, gerugsteun deur ‘n elektrisiteitsbeleggingsprogram van 2,23-duisend-miljard-rand. Ramokgopa het tydens ‘n byeenkoms van rolspelers in die energiesektor in Johannesburg gesê die Geïntegreerde Hulpbronplan mik daarna om teen 2039 sowat 105-duisend-megawatt nuwe opwekkingsvermoë by te voeg. Dit sluit in son-, […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het beloof om die volgende vyf jaar minstens 500-duisend nuwe werksgeleenthede te skep indien die DA beheer behou in die plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê die metro het die afgelope vyf jaar 418-duisend werksgeleenthede geskep, byna die helfte van alle nuwe werksgeleenthede in Suid-Afrika se agt metro’s. Hill-Lewis sê die […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê aanvalle op polisielede is aanvalle op die oppergesag van die reg en die gesag van die demokratiese staat. Dit volg ná die onlangse moorde op polisielede in Reigerpark, Gauteng, en Knysna in die Wes-Kaap. Cachalia het tydens ‘n nuuskonferensie oor die misdaadstatistiek vir April tot Junie […]
# Die taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni beweer sekere lede van wetstoepassingsagentskappe tree op as tussengangers vir mense in die taxibedryf. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig hierdie reëlings is bekend binne sommige taxi-verenigings, maar hy kon nie spesifieke amptenare of verenigings identifiseer nie. Sibanyoni sê dis privaat ooreenkomste tussen mense en moeilik om te bewys, […]