# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het tweedekeuse-spelers verseker hulle is steeds deel van sy planne voor die Rugby’s Greatest Rivalry-toetsreeks teen Nieu-Seeland. Hy sê Saterdag se toets teen Argentinië gaan daaroor om momentum te bou, prestasie te verbeter en terugkerende spelers waardevolle wedstryd-tyd te gee na beserings. Erasmus sê tweedekeuse-spelers hoef hulself nie te bewys […]
# ‘n Voormalige krieketkaptein van Bangladesj, Shakib Al Hasan, se familiehuis is aangeval nadat hy saam met voormalige premier Sheikh Hasina aan ‘n aanlyn mediageleentheid deelgeneem het. Die polisie sê betogers het vensters gebreek en petrolbomme na die onbewoonde huis gegooi, wat ‘n brand veroorsaak het, Niemand is in die voorval beseer nie. Hasina het […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê meer as 100-miljoen-rand van sy Wêreldbekerprysgeld van 218-miljoen-rand gaan in sokkerontwikkeling en administrasie belê word. Die voorsitter van die Finansiële Komitee, Mxolisi Sibam, sê die besluit weerspieël spelers se wense om die sport op grondvlak te versterk om toekomstige nasionale sterre te ontwikkel. Plaaslike Premierliga-klubs sal ook baat, met […]
# Rugby: Die voormalige Springbok-speler en -afrigter, Nick Mallett, glo die Stormers kan die All Blacks ontsenu in vanaand se eerste toer-wedstryd in Kaapstad. Hy sê die gasheer se voorspelers kan dit moeilik maak vir die besoekers en die opwindende skakelpaar, Yaqeen Ahmed en Imad Khan, sal die geleentheid aangryp om te wys wat hulle […]
# Rugby: Die Argentynse losskakel Tomás Albornoz sal môre se eenmalige toets teen die Springbokke in Buenos Aires misloop nadat hy vir vier wedstryde geskors is. Hy het verlede maand die Australiese skeidsregter Angus Gardner gekonfronteer tydens die ontstuimige Nasieskampioenskaps-tuiswedstryd teen Engeland. Een van sy afrigters en ‘n spanmaat moes Albornoz terughou nadat Gardner laat […]
# Konstruksiewerk het amptelik begin aan die Wes-Kaapse regering se Welmoed Estate-behuisingsontwikkeling van 1,2-miljard-rand in Eersterivier. Die projek sal na verwagting teen 2040, agt-duisend behuisingsgeleenthede bied, met die eerste fase wat teen 2030 meer as drie-duisend-200 huise sal voorsien. Die LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die gemengde gebruiksontwikkeling sal ook skole, ‘n kliniek, kleinhandelruimte […]
# Brandbestryders in die staat Washington, is in ‘n wedloop om verwoestende veldbrande naby Spokane te beheer, met nog buitengewone hitte en sterk wind wat dreig om toestande te vererger. Honderde geboue is vernietig en tien-duisende inwoners is steeds dakloos. Weervoorspellers waarsku temperature gaan styg tot die hoë 30-grade Celsius, wat die risiko van nuwe […]
# Oekraïne se president, Volodimir Zelenski, sê die land se weermag het twee Russiese olieraffinaderye in langafstand-aanvalle getref. Raffinaderye in Basjkortostan en Jaroslawl is getref, en digte wolke swart rook is bo die stede gesien. Russiese amptenare sê 93 hommeltuie is vernietig, maar vallende wrakstukke het olietenks getref. Die Russiese Weermag sê hy het 605 […]