# Oekraïne se president, Volodimir Zelenski, sê die land se weermag het twee Russiese olieraffinaderye in langafstand-aanvalle getref. Raffinaderye in Basjkortostan en Jaroslawl is getref, en digte wolke swart rook is bo die stede gesien. Russiese amptenare sê 93 hommeltuie is vernietig, maar vallende wrakstukke het olietenks getref. Die Russiese Weermag sê hy het 605 […]
# Die vorige minister van Landbou, John Steenhuisen, se voormalige stafhoof, Roman Cabanac, het sy eis van vyf-miljoen-rand vir onbillike ontslag teen die Departement van Landbou verloor. Die bedingingsraad het beslis dit het geen jurisdiksie nie, omdat Cabanac se indiensneming voorwaardelik was op die verkryging van sekuriteitsklaring. Hy het nie klaring gekry nie nadat hy […]
# Die EFF-leier, Julius Malema, het ‘n hewige woordewisseling ontketen tydens ‘n sitting van die Parlement se ampsklagkomitee toe hy die ANC-LP Cameron Dugmore van rassisme en wit meerderwaardigheid beskuldig. Dit volg nadat Dugmore Malema tereggewys het omdat hy die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, op haar voornaam aangespreek het, wat volgens hom nie […]
# ActionSA het ‘n beroep op die stadsbestuurder van Ekurhuleni, Kagiso Lerutla, gedoen om die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, onmiddellik te ontslaan. Die party sê senior amptenare moet die hoogste mate van integriteit en aanspreeklikheid handhaaf. Die woordvoerder van ActionSA, Tumelo Tshabalala, voer aan versuim om op te tree ondermyn die publiek […]
# Die Suid-Koreaanse president, Lee Jae Myung, het ‘n omvangryke regeringsreaksie gelas met ‘n rekordhittegolf wat die land steeds teister. Temperature in Seoel sou na verwagting vandag 39 grade Celsius bereik het, met die dodetal weens hitteverwante siektes wat tot minstens 21 gestyg het. Lee het owerhede beveel om alle beskikbare hulpbronne in te span, […]
# ‘n Voormalige Eskom-kontrakteur Michael Lomas is deur die Hooggeregshof in Johannesburg ‘n vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar ten volle opgeskort is. Hy het skuldig gepleit op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie wat verband hou met die Kusile-kragstasie-korrupsiesaak van 1,4-miljard-rand. Die 79-jarige het erken hy het omkoopgeld gebruik om […]
# Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se hoof van ondersoeke, Matthews Sesoko, het die Madlanga-kommissie versoek om nie tot die gevolgtrekking te kom die direktoraat se integriteit is aangetas nie. Sesoko het die aangeleenthede wat tans ondersoek word as geïsoleerde voorvalle beskryf en sê IDAC beskik oor toegewyde personeel, gesonde strukture en ‘n sterk rekord met […]