# Die ontsnappingsverhoor van die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester, Nandipha Magudumana en hul medebeskuldigdes vind van 19 April tot 18 Junie volgende jaar in die Vrystaatse Hooggeregshof plaas. Hulle staan tereg op aanklagte van hulp met ‘n ontsnapping, brandstigting en die skending van ‘n liggaam. Bester se regsverteenwoordiger, MoAfrica Wa Maila, het tydens […]
# Tennis: Die verdedigende vrouekampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, speel teen die Colombiaan Camila Osorio in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Sy is die sleutelspeler in die boonste deel van die trekking wat ook die Wimbledon-kampioen, die Tsjeg Linda Noskova, insluit. Die heersende Australiese Ope-kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan, begin teen die Amerikaanse […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê verskeie ernstige misdade het tussen April en Junie afgeneem. Dit sluit in moord, kapings, huis- en sakerooftogte, asook transitorooftogte. Cachalia het op ‘n nuuskonferensie egter gewaarsku misdade teen vroue, kinders en ander kwesbare groepe is steeds kommerwekkend. Hy sê alkohol bly een van die grootste dryfvere […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, sê Suid-Afrika sal nie teen 2030 sonder water wees nie, ondanks plaaslike tekorte. Hy het tydens ‘n ministeriële gesprek oor watersekerheid gesê die land het ongeveer 95-persent watervoorsieningsversekering, maar benodig groot beleggings in infrastruktuur. Mahlobo sê die Polihali-dam sal na verwagting vanaf 2028 bykomende water aan […]
# Brandstofprysskokke wag volgende week op Suid-Afrikaanse motoriste. Data van die Sentrale Energiefonds toon 95-oktaan petrol se prys kan met meer as een-rand per liter styg, en dié van 93-oktaan met 93-sent. Dieselpryse sal na verwagting met byna drie-rand per liter styg en lampolie met twee rand-16-sent per liter. Gauteng se dieselprys kan weer tot […]
# Die taxi-baas Joe “Ferrari” Sibanyoni het onthul dat taxigeweld afgeneem het onder sy leierskap van 2020 tot nou. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig daar is nou minder voorvalle van geweld binne die bedryf. Sibanyoni het die verbetering deels toegeskryf aan verhoogde polisie-vermoë en pogings om vrede te bevorder op ampsdraers-vergaderings. Hy sê die […]
# Rugby: Die Springbokke het bevestig die ervare losskakel Handré Pollard gaan môre se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad misloop weens ‘n kuitbesering. Sacha Feinberg-Mngomezulu vervang hom in die nommer tien-trui en Manie Libbok bied dekking op die bank. Afrigter Rassie Erasmus het ook aangekondig die drieë-vraat Cheslin Kolbe is in die […]