# Die Activists and Citizens Forum het president Cyril Ramaphosa gevra om die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, af te dank en sê onlangse getuienis voor die Madlanga-kommissie het sy geloofwaardigheid verder geskaad. Woordvoerder Dennis Bloem sê bewerings wat Mchunu verbind met politieke inmenging en besprekings oor veranderings binne Misdaadintelligensie is te ernstig om […]
# Sasol sê hoër internasionale brandstofpryse en verhoogde plaaslike produksie het sy rol in energiesekerheid versterk. Uitvoerende hoof Simon Baloyi sê die onderneming het produksie verhoog by sy steenkool-na-vloeistofaanlegte en raffinaderye, wat help om voorsieningsonderbrekings weens spanning in die Midde-Ooste te verlig. Die handelsverklaring voor die bekendmaking van sy jaarstate dui aan hy verwag ‘n […]
# Die toetsreeks tussen die Wes-Indiese Eilande en Pakistan het gelykop geëindig toe Pakistan die tweede wedstryd in Port-of-Spain met agt paaltjies gewen het. Die tuisspan is in sy tweede beurt vir slegs 117 uitgeboender na ‘n eerstebeurt-agterstand van 43 lopies. Ali Usman en Sajid Khan het elk vier paaltjies geneem, terwyl Kavem Hodge se […]
# Die Suid-Afrikaanse rand was bestendig teenoor die Amerikaanse dollar tydens vroeë verhandeling terwyl beleggers die ontwikkelings in die Midde-Ooste fyn dophou. ‘n Swakker dollar en laer oliepryse ondersteun die plaaslike geldeenheid, terwyl hoop op vordering met ‘n vredesooreenkoms tussen Amerika en Iran vertroue in die mark versterk. Handelaars wag ook op belangrike Amerikaanse data […]
# Die Amerikaanse adjunkpresident JD Vance het gewaarsku diplomatieke onderhandelings met Iran sal ingewikkeld wees en dit sal tyd neem om ‘n ooreenkoms te bereik. Iran se Ministerie van Buitelandse Sake het nog nie besluit of hy voortgaan met die ooreenkoms van verstandhouding wat vroeër onderteken is nie. Vance het aan Fox News gesê oliepryse […]
# Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika het sy uitvoervoorspelling vir sy 15-kilogram-kartonne vir vanjaar van 209,4-miljoen tot 205,3-miljoen verlaag. Die bedryf sê oorstromings, stygende insetkoste en konflik in die Midde-Ooste het produksie, verskeping en belangrike uitvoermarkte ontwrig. Vertragings op Durban se hawe het verdere druk geplaas gedurende die spits-uitvoerperiode. Ondanks uitdagings word verwag dat suurlemoen-uitvoere aanvanklike […]