# President Cyril Ramaphosa sê hy het kennis geneem van die aanbevelings en verwysings in die tweede tussentydse verslag van die Madlanga-kommissie. Dis op 29 Mei aan hom voorgelê na die indiening van die eerste tussentydse verslag op 17 Desember verlede jaar. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die kommissie het tugstappe aanbeveel, asook onmiddellike […]
# Forum for South Africa verwelkom die terugroep van Suid-Afrika se hoëkommissaris in Indië, Anil Sooklal. Hy het in Junie ‘n godsdienstige seremonie in ‘n Hindoe-tempel in Haridwar in die noorde van Indië bygewoon saam met oudpresident Jacob Zuma en een van die vermeende meesterbreine agter staatskaping, Ajay Gupta. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê […]
# Tennis: Die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland en die vierde-gekeurde Daniil Medvedev van Rusland is uitgeskakel uit die Kanadese Ope in Montreal. Zverev het verloor teen Tallon Griekspoor, terwyl nog ‘n Nederlander, Botic van de Zandschulp, vir Medvedev verslaan het. Die sewende-gekeurde Taylor Fritz het in skoon stelle verloor teen die Argentyn Thiago Agustin […]
# Die Stad Kaapstad verwerk tans groot hoeveelhede aansoeke van pensioentrekkers, ontvangers van maatskaplike toelaes en hulpbehoewendes wat aansoek gedoen het om afslagtariewe. Die metro het in die huidige boekjaar meer as 8,3-miljard-rand voorgestel vir maatskaplike bystand vir kwalifiserende pensioentrekkers en hulpbehoewendes. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê dis noodsaaklik om weer om hulp […]
# NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê hulle werk daaraan om Oekraïne die lugverdediging te gee wat hy dringend benodig. Rusland het gister 24 ballistiese missiele op Kiëf afgevuur en minstens 17 mense is dood. Oekraïne kon volgens berigte nie daarin slaag om ‘n enkele missiel af te weer nie. Die voorraad lugverdedigings-missiele van Oekraïne […]
# Die Dangote Petroleum-raffinadery het amptelik sy aansoek vir ‘n aanvanklike openbare aanbod by Nigerië se Sekuriteite- en Uitruilkommissie ingedien, met die oog op ‘n hoofnotering op die Nigeriese Beurs. Dit sal na raming die grootste aandele-uitgifte in Afrika se geskiedenis te wees, teen sowat 653,4-miljard-rand. Die Johannesburgse Aandelebeurs poog om ‘n sekondêre notering te […]
# Mpumalanga se polisie sê daar is tans nie ‘n aanduiding van gemene spel in die dood van twee tieners van St Stithians College nie. Die liggame van die 19-jarige Ethan Coetzee en die graad 11-leerder Cameron Waldeck-Cooks is Maandag in ‘n lodge in Sabie ontdek. Coetzee het verlede jaar matriek geskryf en vir die […]