# Rugby: ‘n Held in die Springbokke se Wêreldbekerwenspan van 1995, Joel Stransky, en die voormalige All Black-legende Zinzan Brooke is in Wêreldrugby se heldesaal opgeneem. Nog vyf name sal vroeg in September aangekondig word om die klas van 2026 te voltooi. Stransky het al Suid-Afrika se punte aangeteken in die Springbokke se geskiedkundige oorwinning […]
# Vyf van die ses Suid-Afrikaners wat vermis word na die verwoestende oorstromings in Nepal en Tibet is van KwaZulu-Natal. Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die ander een is van KuGompo City in die Oos-Kaap. Minstens 270 mense is volgens berigte dood en meer as een-duisend-300 is nog nie opgespoor […]
# Die DA het vandag sy kandidatelyste vir al 257 munisipaliteite en vier-duisend-484 wyke by die Verkiesingskommissie ingedien vir November se plaaslike regerings-verkiesing . Politieke partye het tot vanmiddag vyf-uur tyd om hul lyste in te dien. Ashor Sarupen van die DA sê kandidate het ‘n streng keuringsproses ondergaan om te verseker geskikte en toegewyde […]
# Die polisie in Tshwane het gister 343 verdagtes tydens ʼn multidissiplinêre misdaadvoorkomingsoperasie in Lyttelton gearresteer. Die verdagtes se misdade sluit in moord, poging tot moord, verkragting, gewapende roof en aanranding. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê nakomingsinspeksies is ook uitgevoer met die fokus op immigrasie en sake-verwante kwessies. Hy sê 50 onwettige immigrante is […]
# Die EFF in Gauteng veroordeel Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, se gedrag nadat hy ʼn inwoner tydens ʼn City Power-gemeenskaps-imbizo in Tshepisong beledig het. Die imbizo is gehou weens inwoners en plaaslike raadslede se kommer omdat elektrisiteitsdienste in die gebied onttrek is. Die burgemeester is op kamera betrap waar hy ʼn inwoner vloek nadat […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty vra die regering om dringend op te tree om ses Suid-Afrikaners wat in Nepal vermis word, op te spoor en te red. Hulle is onder meer as een-duisend-500 buitelanders wat vermis word ná verwoestende kitsvloede naby die grens met Tibet. Byna 500 mense is dood. Die SAKP sê die oorstromings het […]
# Die spesiale parlementêre komitee vir Veiligheid en Geregtigheid verwelkom Binnelandse Sake se vordering om visum-verwante agterstande op te los, maar beklemtoon hervormings is nodig om agterstande te voorkom. Die departement sê daar was op 28 Julie 21-duisend-847 hangende appèl-aansoeke, waarvan 13-duisend-148 agterstallig was. Die komitee se voorsitter, Jane Mananiso, sê hulle erken die ingewikkeldheid […]