# Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Dave Rennie, het bewerings verwerp dat die wedstryde teen die Stormers, die Haaie, die Bulle en die Leeus gebruik word as opwarming voor die toetsreeks teen die Springbokke. Nieu-Seeland pak die Stormers môre in Kaapstad. Elf Verenigde Rugbykampioenskap-spelers is ingesluit in die Stormers se groep, insluitend die Bokke […]
# Krieket: Nog ‘n groot naam het hom verbind tot volgende jaar se vyfde SA20. Die kaptein van Australië se T20-span, Mitchell Marsh, sal die eerste keer deelneem nadat hy by die driemalige kampioen, Sunrisers Eastern Cape, aangesluit het. Hy sal na verwagting ‘n aanvangs-vennootskap met die Suid-Afrikaner Quinton de Kock vorm. Durban’s Super Giants […]
# Gholf: LIV Gholf het ‘n ooreenkoms met ‘n nuwe onbekende belegger bereik na maande se onderhandelings. Die Saoedi-Arabiese Openbare Beleggingsfonds het in April aangekondig hy gaan sy finansiering van die wegbreekliga aan die einde van die jaar beëindig. Die nuwe ooreenkoms sal na verwagting volgende maand afgehandel wees. LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott […]
# Die DA in Gauteng sê dis skokkend dat meer as 22-duisend gevalle van kindermishandeling sedert 2023 aangemeld is, terwyl die provinsiale Onderwysdepartement nie rekenskap kan gee van hoe lank ondersoeke duur nie. Altesaam 695 verkragtings, 423 seksuele aanrandings en 74 gevalle van seksuele teistering is aangeteken. Woordvoerder Sergio Isa dos Santos sê dit wys […]
# Die vakbondfederasie COSATU verwelkom die indiening van die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste in die Parlement. Dis daarop gemik om die raamwerk vir indiensnemingsdienste te versterk, die indiensneming van buitelandse burgers te reguleer en die toepassing van die wet te verskerp. Woordvoerder Matthew Parks sê dit laat die minister van Indiensneming en Arbeid toe om perke […]
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die mandaat van die ad hoc-komitee wat bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek, tot 11 September verleng. Die komitee ondersoek bewerings van korrupsie, politieke inmenging en misdaadsindikate in die Polisiediens. Sy vorige mandaat het einde verlede maand verstryk, maar die werk was nog […]
# Die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel sê sy omkeerstrategie vorder, maar baie stadiger as beplan. Denel het aan die Parlement se staande komitee oor Toewysings gesê befondsings-tekorte en vertragings met die verkoop van bates wat nie deel van sy kernbedrywighede vorm nie, belemmer die uitvoer van die herstelplan. Die groep het 4,4-miljard-rand verseker van die 5,2-miljard-rand […]
# COPE het president Cyril Ramaphosa weer gevra om die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, af te dank. Drushanta Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het aan die Madlanga-kommissie gesê Mchunu het ‘n getuie na die Oos-Kaap gevlieg om getuienis aan hoofondersoeker Dylan Perumal te lewer in verband met ‘n beweerde tenderverkrygings-onreëlmatigheid binne Misdaadintelligensie. […]