# Activists and Citizens Forum sê bewerings van stemkopery binne die ANC bestaan al lank en vereis groter openbare ondersoek. Dit volg op onlangse bewerings deur ‘n lid van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma. Die forum beweer dat omkopery plaasgevind het tydens leierskapsverkiesings, insluitend 2007 se konferensie in Polokwane. Woordvoerder Dennis Bloem beweer dat takke en streke geld ontvang het in ruil vir stemme. Hy sê dat ‘n verwante hofuitdaging kan help om beweerde korrupsie binne die regerende party bloot te lê en uit te roei.
Forum vra ondersoek na beweerde stemkopery binne die ANC