# Chinese owerhede het reddingswerk naby die grens tussen Nepal en Tibet opgeskort oor vrese dat ʼn meer, wat tydens die aanvanklike modderstorting gevorm het en as ʼn versperring dien, nog ʼn ramp kan veroorsaak. Minstens 475 mense is in Nepal dood en een-duisend-300 word vermis ná dodelike kitsvloede in die Himalaja-grensgebied. In Tibet is […]
# Die stadsraad van die Stad Tshwane het, na bewerings van wangedrag ondersoek is, besluit om nie dissiplinêr teen die stadsbestuurder, Johann Mettler, op te tree nie. Hy is beskuldig van wanadministrasie, en dat hy nie die nodige verpligte kontrolering gedoen het van sommige amptenare wat by die Tshwane Metropolisiedepartement aangestel is nie. Die metro […]
# Die GOOD-party sê ‘n studie van gratis basiese dienslewering wat die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering aangevra het en daarop aanspraak maak dat die provinsie in pas is met nasionale riglyne, voldoen nie aan vereistes nie. Daarvolgens gee Kaapstad maandeliks sestig kilowatt-uur gratis elektrisiteit aan behoeftige huishoudings. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit […]
# Eskom sê hy het die onafhanklike regs-assessering, diesel-aanpassing, en verifiëringsprosesse van sy ondersoek na dieselverkryging- en bergingskontrakte afgehandel. Die ondersoek was na kontrakte van ʼn geraamde 21-miljard-rand wat in 2024 toegeken is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die onafhanklike prosesse het geen bewyse gevind dat diesel waarvoor die kragverskaffer betaal het, weg is […]
# Die Gesondheidsdepartement sê die onlangse onttrekking van Enalapril tien-milligram-tablette van Arya Pharma raak nie dieselfde produk wat in vyf-milligram verpak word nie. Laasgenoemde word tans aan openbare gesondheidsgeriewe verskaf vir behandeling teen hoë bloeddruk en hartversaking. Woordvoerder Foster Mohale sê die tablette is slegs as tydelike alternatief goedgekeur terwyl die gekontrakteerde verskaffer, Austell Pharmaceuticals, […]
# Rugby: Die Springbokstut Thomas du Toit sê hulle is vasbeslote om die foute van verlede week se eerste toets teen die All Blacks reg te stel in môre se tweede kragmeting in Kaapstad. Suid-Afrika het op Ellispark 33-16 verloor en moet môre wen om die reeks te kan beklink. Du Toit, wat die wedstryd […]