# Die Stad Tshwane se Gesondheidsdepartement het die gewapende roof by die Lusaka-kliniek gister in Mamelodi-Oos veroordeel. Gesondheidswerkers is met vuurwapens aangehou terwyl ‘n voertuig van die Universiteit van Pretoria, skootrekenaars en personeellede se selfone gesteel is. Die woordvoerder van die burgemeester van Tshwane, Samakelo Mgobozi, sê diegene wat gesondheidsgeriewe en gesondheidswerkers teiken, ondermyn pogings […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, eis dat die ANC-veteraan Nkosazana Dlamini-Zuma bewerings van stemkopery teen hom terugtrek. Sy het in ‘n onderhoud op Mbuyiseni Ndlozi se potgooi, African Renaissance, verwys na ‘n stemboodskap wat Lamola beskuldig van stemkopery tydens die ANC se nasionale konferensie in 2017. Dlamini-Zuma het die ANC se […]
# Die landbou-organisasie TLU SA waarsku dat die skerp styging in dieselpryse die land se landbousektor sal raak. Dieselpryse het met tussen een-rand-23- en een-rand-38-sent per liter gestyg terwyl die petrolprys met 52-sent gedaal het, aangehelp deur ‘n verlaging in die brandstofheffing. Bennie van Zyl van TLU SA sê die hoër dieselprys dwing hoër pryse […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra die nuut-aangestelde raad van die Openbare Beleggingskorporasie om goeie bestuur die sentrale punt van sy mandaat te maak. Agt raadslede het verlede week bedank. Die korporasie hanteer meer as drie-duisend-miljard-rand van staats-pensioenfondse. Die Hooggeregshof in Pretoria het die skorsing van uitvoerende hoof Patrick Dlamini onwettig en ongeldig verklaar. Woordvoerder […]
# Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die bewerings van die voormalige kabinetsminister en partyveteraan Nkosazana Dlamini-Zuma, ten sterkste ontken. Tydens ‘n verskyning op die African Renaissance -potgooi het Dlamini-Zuma beweer Mbalula het kontant aan afgevaardigdes uitgedeel om sy verkiesing en dié van president Cyril Ramaphosa by die ANC se 2022-verkiesingskonferensies te verseker. Mbalula het die […]
# Die vakverbond Cosatu is bekommerd oor die uitwerking van die verdere dieselprys-verhoging en sê dis ‘n gevoelige slag wat miljoene sukkelende werkers en pendelaars nie kan bekostig nie. Dieselpryse het met tot een-rand-38-sent per liter gestyg. Woordvoerder Matthew Parks sê die regering se vroeëre tydelike opheffing van brandstofheffing was ‘n groot verligting, maar hulle […]