# Die adjunkminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede in die Presidensie, Mmapaseka Letsike, het ‘n beroep gedoen dat maatskaplike en samehorigheidsekonomie die sleutel moet wees tot werkskepping, uitbreiding van eienaarskap en die lewering van meer insluitende ekonomiese groei. Sy het groei van 0,5-persent in die eerste kwartaal van hierdie jaar genoem, terwyl daar […]
# Ses verdagtes is vasgetrek nadat sewe elektriese transformators ter waarde van sowat 1,5-miljoen-rand in Tembisa, Ekurhuleni, gevind is. Dit was deel van ʼn operasie deur Gauteng se verkeerspolisie, Gauteng-verkeersbeamptes se infrastruktuur-eenheid, en TDP Security Services. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van diefstal en onwettige besit van noodsaaklike elektriese infrastruktuur. ʼn Woordvoerder van Gauteng […]
# ʼn Vyfde lasbrief is uitgereik vir die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi. Dit gaan oor die bloulig-saga waarby die vermeende misdaadbaas, Vusimusi “Cat” Matlala, betrek word. Mkhwanazi het na bewering onregmatig toestemming gegee vir blou ligte op vier luukse privaat voertuie wat met Matlala se sekuriteitsmaatskappy, Cat Protection Services, verbind word. Die […]
# President Donald Trump het sy handelsoorlog met Kanada verskerp deur ʼn uitvoerende bevel te onderteken wat Lake Ontario se naam na Lake America verander. Die meer grens aan Ontario, Kanada en New York. Hy het verlede jaar ʼn uitvoerende bevel onderteken dat die Golf van Mexiko hernoem word na die Golf van Amerika, maar […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die mag om belasting op toegevoegde waarde te verhoog, is goeie fiskale bestuur. Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in ʼn regstryd oor wie die mag het om die BTW-koers vas te stel. Die DA het die hof genader om die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak te bevestig […]
# Rusland se ministerie van Buitelandse Sake het gewaarsku Brittanje kan teruggeslaan kan word met aanvalle op militêre geriewe binne en buite Oekraïne. Dit volg nadat die Britse eerste minister Andy Burnham Maandag aangekondig het Brittanje sal Kiëf toegang gee tot geklassifiseerde tegnologie om sy eie produksie van Storm Shadow -langafstandkruismissiele te kan begin. Die […]