# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het begunstigdes van nuutgeboude regeringshuise versoek om nie toe te laat dat spaza-winkels van buitelanders vanaf hul eiendomme bedryf word nie. Hy het gister 105 voltooide huise by die Westonaria Borwa Mega-projek in die Wes-Rand oorhandig. Die woordvoerder van die Departement van Menslike Nedersettings, Tahir Sema, sê behuisingsontwikkelings […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy sou eerder ‘n ooreenkoms aangaan om ‘n einde te maak aan die oorlog in Iran omdat hy “nie mense wil doodmaak” nie. Washington voer aan gesprekke met Teheran gaan voort en daar is vordering, veral oor die heropening van die Straat van Hormoes. Iran het egter verklaar […]
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging het die Kabinet se besluit verwelkom om die groen lig te gee vir die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture, algemeen bekend as die Koalisiewetswetsontwerp, om in die Parlement ter tafel gelê te word. Die wetsontwerp is daarop gemik om bestendigheid te bring in plaaslike rade waar geen party ‘n volstrekte meerderheid […]
# Sokker: FIFA sê Gianni Infantino sal die president bly en die bestuursraad het sy ondersteuning vir sy leierskap herbevestig. Dit volg nadat die beheerliggaam gister ‘n noodvergadering in Rabat, Marokko gehou het na toenemende kritiek teen Infantino se voorstel wat nou van die tafel af is. Hy wou aandele in FIFA-kompetisies aan privaat beleggers […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Landbou doen ‘n beroep op dringende maatreëls om strukturele swakhede aan te spreek wat Suid-Afrika se vermoë steeds ondermyn om bek-en-klouseer te beheer en uiteindelik uit te roei. Suid-Afrika het 17-miljoen entstofdosisse ingevoer as deel van die nasionale siektebeheerstrategie. Die komitee sê onvoldoende befondsing bly een van die grootste […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, sê ouers en voogde het steeds vertroue in die provinsie se aanlyn toelatingstelsel. Die departement het goed weggespring met sy aanlyn toelatingsaansoektydperk vir 2027, en meer as 210-duisend Graad 1- en Graad 8-aansoeke is binne die eerste vier uur ontvang na die […]