# Die Parlement se Ampsklagkomitee het ooreengekom dat president Cyril Ramaphosa versoek sal word om voor hulle te verskyn. ‘n Mening wat deur die Parlement se regsadviseurs saamgestel is, dui daarop dat die president nie anders behandel sal word as enige ander getuie wat na die Parlement geroep is om getuienis af te lê nie, […]
# Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê hulle het ‘n ooreenkoms met Oman bereik oor die geografiese eienskappe van ‘n skeepsroete in die Straat van Hormoes. Kommersiële verkeer deur die Straat is erg ontwrig, met slegs agt skepe wat Maandag deurgegaan het. Dit is in vergelyking met ongeveer 130 skepe per dag voordat die […]
# Die DA in Gauteng sê die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, moet onmiddellik afgedank word. Hy en vier ander is gister in hegtenis geneem in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Mbense is na bewering in Brakpan doodgemartel voordat sy liggaam in ‘n dam gegooi is. Dit is die […]
# President Cyril Ramaphosa het die regstreekse dringende appèl wat by die Konstitusionele Hof ingedien is, teengestaan. Die appèl poog om die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat die ampsklagverrigtinge teen hom staak, tersyde te stel. Die Parlement se Ampsklagkomitee en die politieke partye, die ATM, EFF, MK-party en UAT, het dringende aansoeke ingedien om […]
# Rugby: Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport sê die waarskynlikheid van die gebruik van verbode middels neem toe omdat daar soveel op die spel is. Dit volg nadat twee jong stutte, Kai Pratt en Deon Botes, onlangs positief getoets het vir anaboliese steroïede. Botes is vir vier jaar geskors, terwyl Pratt versoek het dat […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die heropening van die buitepasiënt-afdeling by die Paarl-hospitaal, ses maande nadat ‘n brand die fasiliteit beskadig het, is ‘n belangrike mylpaal. Volgens die party is die projek van 67-miljoen-rand in die helfte van die verwagte tyd voltooi, wat dienste aan pasiënte vinniger as beplan herstel het. Memory Booysen […]
# Die landbou-organisasie TLU SA sê eiendomsregte raak elke Suid-Afrikaner en is noodsaaklik vir ekonomiese groei, werkskepping en beleggersvertroue. Hy waarsku die verswakking van eiendomsregte kan voedselsekerheid, ekonomiese bestendigheid en regsekerheid bedreig. Caria van der Merwe van TLU SA sê burgers moet ingelig bly oor ontwikkelinge rondom onteiening sonder vergoeding, wat verreikende gevolge vir ondernemings, […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die handels- en beleggingsagentskap, Wesgro, het meer as 25-miljard-rand in handel en beleggings- en uitvoerverklarings gedurende die 2025/2026-boekjaar gefasiliteer, ten spyte van voortdurende vertragings by Kaapstad hawe. Noko Masipa van die party sê die belegging sal na verwagting meer as vyfduisend-400 moontlike werksgeleenthede skep, met uitvoere wat uitbrei […]
# Die Madlanga-kommissie het gehoor Dereleen James van ActionSA was in besit van topgeheime dokumente wat verbind is aan ‘n ondersoek deur die Direktoraat Teen Korrupsie. Drushantha Ramsamy van IDAC het getuig James sou ‘n beëdigde verklaring en bewyse in die Artikel 27-ondersoek indien, maar het nie saamgewerk nie. Ramsamy sê die hoofondersoeker Dylan Perumal […]