# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee-lid, Nkosazana Dlamini-Zuma, hou by haar verklaring dat geld gebruik is om stemme in die party te beïnvloed. Sy het ʼn kennisgewing van voorneme ingedien om die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, se lastersaak teen haar te beveg. Dit hou verband met opmerkings wat sy op die African Renaissance-podsending […]
# Krieket: Krieket Suid-Afrika het die plaaslike 2026/2027-seisoen met ʼn herstruktureerde kompetisieformaat begin. Die grootste verandering is die bekendstelling van die Pro20-beker wat die voormalige T20-uitdaging en die T20-uitklop-kompetisies in ʼn enkele premier-kompetisie saamvoeg. Die uitgebreide Pro20 sal bestaan uit 16 spanne van Afdeling 1 en Afdeling 2, en ʼn Suid-Afrikaanse opkomende span. Die Eendag-beker […]
# Gift of the Givers het ‘n span gereed om na Nepal te reis om minstens ses Suid-Afrikaners te red of te herwin wat as vermis aangemeld is ná verwoestende kitsvloede op die Nepal-Tibet-grens. Meer as 350 mense is dood, en meer as een-duisend-300 word vermis, insluitend van Indië, die VSA, Australië, Kanada en Brittanje. […]
# Die Spesiale Tribunaal het die voormalige Nkandla-projekargitek, Minenhle Makhanya, gelas om 147,2-miljoen-rand aan die Nasionale Tesourie terug te betaal. Dit is vir verliese wat verband hou met onwettige sekuriteitsopgraderings by oudpresident Jacob Zuma se privaat woning. Die tribunaal het bevind dat Makhanya se aanstelling onwettig was en dat hy werk buite die sekuriteitsvereistes vir […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit sê hy sal stappe doen om geweld op die Khayelitsha-Somerset-Wes openbare taxiroete te beëindig. Die departement, die Stad Kaapstad en die taxibedryf begin Maandag met bemiddeling om die konflik op te los. Meer verkeersbeamptes sal ook die betrokke gebiede patrolleer, terwyl voertuie wat bedryfsreëls oortree, geskut sal word. Muneera […]
Die regering het die moord op ‘n offisier van die Wes-Kaapse Taktiese Reaksiespan, Zamani Mzayiya, veroordeel. Mzayiya was in Knysna ontplooi om onlangse moorde te ondersoek, insluitend dié van voormalige burgemeester Aubrey Tsengwa. Die regering het belowe diegene wat verantwoordelik is, sal voor die gereg gebring word. Die adjunkwoordvoerder van die regering, William Baloyi, het […]
# Rugby: Die naweek se laaste groepwedstryde sal die vier spanne in die voorlaaste Curriebekerronde bepaal. Die verdedigende kampioen, die Griekwas en die Cheetahs het reeds hul plekke in die tuishalfeindronde bespreek. Die Pumas, Boland Kavaliers, Stormers, Leeus en Haaie moet dit nou uitspook vir die oorblywende twee plekke. Die Leeus verwelkom die Stormers môre […]
# Die DA sê slegs 202 openbare skole is in die afgelope 32 jaar in Gauteng gebou, wat ‘n gemiddeld van sowat ses skole per jaar is. Volgens die party is net een skool tans in aanbou, al benodig die provinsie minstens 200 meer skole om die oorbevolking aan te spreek. Sergio Isa Dos Santos […]
# Die New South Institute het Statecraft 2026, ‘n internasionale kongres oor demokrasie en openbare instellings bekendgestel. Die geleentheid sal van 22 tot 23 September in Johannesburg plaasvind en beleidmakers, staatsamptenare, akademici en regeringskenners bymekaarbring. Besprekings sal fokus op die versterking van openbare instellings, die verbetering van dienslewering, etiese leierskap en hoe om demokrasie beter […]